Luister: Cindy Nell-Roberts gesels oor strategie agter skoonheidskompetisies

Cindy Nell-Roberts se drome het nog altyd in die sakewêreld gelê. (Foto: verskaf)

Daar is dikwels vir deelnemers aan skoonheidkompetisies ʼn veel groter prentjie as net die glans en glorie wat dié geleenthede bied, en Cindy Nell-Roberts, voormalige Mej. Suid-Afrika, kan veral daarvan getuig.

Dié model, TV-aanbieder en entrepreneur se drome het nog altyd in die sakewêreld gelê, maar die pad daarheen is dikwels moeilik, veral vir jong vroue.

In die tweede episode van dié podsendingreeks gesels die beeldskone donkerkop, wat 20 jaar gelede die Mej. Suid-Afrika kroon gedra het, meer oor die doelwitte agter haar deelname aan dié kompetisie asook oor die netwerk van sterk vroue waarvan sy danksy dié geleentheid deel kon word.

Die model, TV-aanbieder en sakevrou het 20 jaar terug die Mej. SA-kroon gedra. (Foto: verskaf)

  • Luister hier na die eerste episode waarin sy onder meer oor haar onlangse gesondheidsreis en viering van haar 40ste verjaardag praat.
  • Luister volgende week na Cindy se sakewenke vir opkomende entrepreneurs én skoonheidswenke vir daardie dol oggende.
  • Volg Cindy en Cosmetix op Instagram.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.