Luister: Cindy Nell-Roberts vreesloos op 40

In die 20 jaar sedert sy die titel Mej. Suid-Afrika gedra het, het ons die donkerkop skoonheid Cindy Nell-Roberts baie hoede (en krone) sien dra. (Foto: verskaf)

Nee, sy het nie destyds aan skoonheidskompetisies deelgeneem nét om as die land se mooiste gekroon te word nie. Ja, daar ís ʼn WhatsApp-groepie waarop al die voormalige Mej. Suid-Afrika-wenners is, en nee, net omdat sy hoofsaaklik ʼn gesonde plantdieet volg beteken dit nie dat sy steeds af en toe ʼn lekker glasie wyn en ʼn lamsbredie sal geniet nie.

In die 20 jaar sedert sy die titel Mej. Suid-Afrika gedra het, het ons die donkerkop skoonheid Cindy Nell-Roberts baie hoede (en krone) sien dra. TV-aanbieder, model en sakevrou van staal, dit blyk dat alles wat sy aanpak ʼn sukses is en met jare se ervaring kom jare se wysheid.

In dié podsendingreeks gesels die dinamiese ma van twee met Maroela Media oor alles, van die strategie agter skoonheidskompetisies en haar gedrewenheid om haar stempel in die bemarkings- en entrepreneurswêreld af te druk, tot haar onlangse mylpaalverjaarsdag en skoonheidswenke vir daardie dol oggende wanneer tyd net nie aan jou kant is nie.

Cindy Nell-Roberts by Cosmetix se kantore in Kaapstad. (Foto: verskaf)

  • Luister na die eerste episode waarin sy onder meer oor haar onlangse gesondheidsreis en feesviering vir haar 40ste verjaardag praat bo-aan hierdie berig.
  • Luister volgende week na Cindy se strategie rondom haar deelname aan Mej. Suid-Afrika. 
  • Volg Cindy en Cosmetix op Instagram. 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Sarie ·

As ek haar bankrekening gehad het, sou ek ook vreesloos kon leef. Maar sy sal nie soos n gewone mens kan leef.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.