Meghan se kinderboek haal nie koninklike boekwinkel

Meghan Markle. (Foto: Paul Edwards, AP)

Meghan Markle, die hertogin van Sussex, se kinderboek, The Bench, word nie deur die koningin se amptelike aanlyn winkel verkoop nie.

Die Royal Collection- aanlyn winkel spog met ʼn gesogte kinderafdeling en bevat storieboeke soos Paddington at the Palace vir £6,99 (sowat R140) en Peppa Pig Meets the Queen vir £4,99 (sowat R100).

The Bench, uit Meghan se pen, het egter nie die paal vir die koninklike boekwinkel gehaal nie. Die boek het ook onlangs uit Amazon se top-100-verkoperslys geval.

Meghan (39) beweer die boek is geïnspireer deur ʼn gedig wat sy vir haar man, prins Harry, op sy eerste Vadersdag geskryf het en is ʼn “liefdesverhaal” van hom en hulle seun, Archie (2). Christian Robinson het die boek geïllustreer.

Die boek het die New York Times se topverkoperslys vir kinderprenteboeke gehaal, maar slegs 3 212 eksemplare is in Brittanje verkoop sedert sy eerste week van publikasie op 8 Junie.

Dit het ook in ʼn bestek van ʼn week meer as 95 plekke gedaal op Amazon se top-100-verkoperslys in Brittanje en die boek se prys is met meer as 40% verlaag.

Die omslag van Meghan Markle se boek ‘The Bench’.

ʼn Boodskap op die Royal Collection-trust se webwerf lui: “Sit die kinders in die bed met ʼn slaaptydstorie van die amptelike koninklike geskenkwinkel.

“Lees verhale van die koningin se soeke na die perfekte verjaardagkroon om vir haar partytjie te dra, Paddington Bear se besoek aan die Buckingham-paleis, of toe Peppa Pig die koningin ontmoet het.

“Hierdie boeke is volop kleurvolle illustrasies en verruklike verhale wat kinders beslis sal inspireer.”

Meghan, ʼn voormalige Hollywood-aktrise, het verlede maand The Bench bemark in ʼn onderhoud met ʼn Amerikaanse radiostasie, haar eerste onderhoud sedert die geboorte van haar dogter, Lilibet.

The Bench is met gemengde reaksies deur literêre kritici én lesers op webwerwe soos Amazon ontvang, waar die boek se graderings wipplank gery het tussen vyf- en een-ster-resensies.

Dit spog tans met 4.6 sterre uit vyf in algemene Amazon-resensies, maar die resensie wat as die “betroubaarste” beskou word, het dit 1.0 sterre gegee.

Bronne: The Sun, The Daily Star

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Pieter ·

Ja nee, sy kan haar boek self hou. Miskien vir haar man lees. Die klomp rasiste wat alles so probeer bevorder.

Francois Le Cochon ·

Sy het weggebreek van die monargie, maar sy gebruik darem nog haar titel?

Rudolf ·

Net so Francois. Net koninklike wees wanneer dit haar pas. Werk ongelukkig nie so nie.

Stof ·

Ek was nog altyd onder die indruk dat wanneer ons eendag aftree of uittree, ons ons kwalifikasies en titels behou?
My afgetrede kollegas word deur die bank op hulle volle titels erken as hulle referate of gaslesings aanbied, of artikels of boeke publiseer.
Sou dit nie ook maar so werk in die koningshuise nie?

Benita ·

Hoekom gebruik sy nog haar gewese titel op haar boek. Blerrie aandagsoeker.

Niklaas ·

Dalks het sy gereken die boekie sal een top verkoper wees omdat sy haar Hertogin titel so prominent laat verskyn, en na aanleiding van die Oprah onderhoud en haar “onthullings” daar op TV.

Andrew ·

Laat my dink aan daai moderne kuns stuk wat net geskoolde kunstenaars kan waardeer.

Johan ·

Sy moet ‘n boek uitbring oor hoe jy ‘n prins in ‘n padda verander.

Willem ·

Sy’t nie nodig om ‘n boek uit te bring oor hoe mens ‘n prins in ‘n padda verander nie. Sy doen sommer haar eie realiteits sepie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.