Mej. SA beywer haar vir die ‘heelal’

Ntandoyenkosi Kunene (Foto: ANA)

Ntandoyenkosi Kunene (Foto: ANA)

Die huidige Mej. SA, Ntandoyenkosi Kunene, sal op 30 Januarie in die Filippyne aan die Mej. Heelal-kompetisie deelneem.

Kunene het onlangs aan Mej. Wêreld in die VSA deelgeneem, maar kon nie daarin slaag om ʼn topposisie te behaal nie.

Sy vertrek Woensdag na die Filippyne om teen minstens 85 ander lande se skoonheidskoningine mee te ding.

“Ek het baie geleer uit my deelname aan Mej. Wêreld die afgelope tyd en sien nou daarna uit om die ander deelnemers aan Mej. Heelal te ontmoet vir dié kompetisie,” het sy gesê.

Die kroning van Mej. Heelal word op 30 Januarie regstreeks op FOX uitgesaai. Steve Harvey is die aanbieder.

Vorige skoonhede wat al met dié titel weggestap het, is Margaret Gardiner (1978) van Suid-Afrika, Michelle McLean (1992) van Namibië en Leila Lopes van Angola (2011).

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

John ·

Dis ‘n nuwe een wat die beoordelaars behoort te laat kopkrap…

Marianne ·

Kontinente en Lande se opinie verskil gelukkig breed oor die konsep van mooi…..
Daar is iets mooi in almal – selfs die eendjie met rooibhare, sproete en draadjies.
Ek hoop net die kompetisie word regverdig be-oordeel en nie op AAAG SHAME DIE LAND OF OOOH KOEK DAARDIE POLITIEKE SIENING NIE.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.