5 minute met Melissa Bam

Melissa Bam en Burger Meyer

Melissa Bam en Burger Meyer

Melissa Bam wat eersdaags as moeder Maria in ‘Jesus – die musiekblyspel’ te sien is, het by ons in die ateljee ʼn draai gemaak om oor dié produksie te gesels. Sy het ook so paar geheime en Afrikaanse gunstelinge verklap.

Wat is die eerste ding wat jy doen as jy in die oggend wakker word?
Ek moet water drink. Ek kan ook nie lê en stadig wakker word nie; as die wekker afgaan, moet my voete op die grond wees, die duvet moet af wees en ek moet opstaan.

Wat is jou gunsteling Afrikaanse woord?
Frokkie.

Wie of wat is jou gunsteling Afrikaanse boek of skrywer?
Ek het ʼn paar digbundels wat my gunsteling is. Ingrid Jonker is verseker een van my gunstelinge oor wie sy was as persoon; ek dink sy was verskriklik interessant.

Wie is jou gunsteling Afrikaanse musikant?
Riana Nel. Ek dink sy verskuif bietjie grense in terme van styl.

Het jy ʼn stokperdjie waarvan niemand weet nie?
Wikipedia en Google. Ek kan vir ure op die internet na die vreemdste goed soek. So ek weet baie van alles.

‘Jesus – die musiekblyspel’ is vanaf 27 April in die Staatsteater te sien.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.