Michael Caine verander naam weens lughawe-sekuriteit

Michael Caine (Foto: Wikipedia)

Michael Caine (Foto: Wikipedia)

Die Britse akteur Michael Caine, het die afgelope week amptelik sy naam laat verander, omdat hy glo dikwels ‘probleme’ ondervind wanneer hy reis.

Die akteur, wat bekend is vir sy rolle in The Dark Knight en Inception, het sy naam amptelik na Michael Caine verander.

Die webwerf Geek het berig die 83-jarige akteur sukkel byna altyd met amptelike dokumentasie wanneer hy reis, omdat sy geboortenaam, Maurice Micklewhite, steeds op sy reisdokumente verskyn.

Caine gebruik die verhoognaam Michael Caine al sedert hy begin akteurswerk doen het in Londen in 1954.

“Soos baie ander akteurs, het hy nooit die moeite gedoen om sy geboortenaam op die dokumentasie te verander na sy verhoognaam nie. ʼn Onlangse voorval by ʼn lughawe het hom egter genoop om dit vinnig te doen,” berig Geek.

Die akteur het aan die webwerf vertel sekuriteitsbeamptes op lughawens wil dikwels nie glo sy naam is regtig Maurice Micklewhite nie, omdat hulle hom net as Michael Caine ken.

“Hulle verwag dan sy paspoort en ander dokumentasie moet ook die naam, “Michael Caine” wys en wanneer dit nie die geval is nie, moet hy deur verskeie sekuriteitsmaatreëls gaan weens die verwarring.”

Bron: Geek

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Ekwilibrium ·

Maurice Micklewhite is ‘n aks beter as Archibald Leach (Cary Grant)!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.