Die 62ste jaarlikse Grammy-musiektoekennings is Sondag by die STAPLES Center in Los Angeles uitgedeel en die musiektalent van Hollywood het hul beste voetjie voor gesit toe hulle op die rooitapyt gestap het.
Vanjaar was blinkers ʼn groot tendens onder vroue, terwyl mans ook aansienlik meer aandag aan die modegiere van die oomblik gegee het.
Die “All of me”-sanger John Legend het ʼn grys pak met ʼn lang grys baadjie gedra wat deur Alexander McQueen ontwerp is en die kletsrymer Lil Nas X het uitgehang met ʼn helder pienk Versace-uitrusting van kop tot tone.
Die sanger en akteur Billy Porter het oudergewoonte die koppe laat draai met sy blou disko-uitrusting. Dié katpak het meer as 70 000 Preciosa-kristalle en is deur Baja East gemaak. Die sluier aan Porter se hoed kon met ʼn afstandbeheerder oop en toe gemaak word.
Vroulike bekendes soos Alicia Keyes, Danielle Jonas, Heidi Klum, Priyanka Chopra Jonas en Lana Del Rey het almal lang blink aandrokke gedra.
Kyk hier hoe die bekendes gelyk het:
- Chrissy Teigen (Foto: Jordan Strauss/Invision/AP)
- Kevin en Danielle Jonas (Foto: Jordan Strauss/Invision/AP)
- Ariana Grande (Foto: Jordan Strauss/Invision/AP)
- Alicia Keys (Foto: Matt Sayles/Invision/AP)
- Gwen Stefani en Blake Shelton (Foto: Jordan Strauss/Invision/AP)
- Alessandra Ambrosio (Foto: Jordan Strauss/Invision/AP)
- Dua Lipa (Foto: Jordan Strauss/Invision/AP)
- Blac Chyna (Foto: Jordan Strauss/Invision/AP)
- Sean Larkin en Lana Del Rey (Foto: Jordan Strauss/Invision/AP)
- Conor McGregor (Foto: Jordan Strauss/Invision/AP)
- Gloria Gaynor (Foto: Jordan Strauss/Invision/AP)
- Jameela Jamil (FotoJ ordan Strauss/Invision/AP)
- Giuliana Rancic (Foto: Jordan Strauss/Invision/AP)
- Billy Porter (Foto: Jordan Strauss/Invision/AP)
- Joe Jonas en Sophie Turner (Foto: Jordan Strauss/Invision/AP)
- Khalid (Foto: Jordan Strauss/Invision/AP)
- Imogen Heap (Foto: Jordan Strauss/Invision/AP)
- Ben Platt (Foto: Jordan Strauss/Invision/AP)
- Priyanka Chopra Jonas en Nick Jonas (Foto: Jordan Strauss/Invision/AP)
- Shawn Mendes (Foto: Jordan Strauss/Invision/AP)
- Cyndi Lauper (Foto: Jordan Strauss/Invision/AP)
- Trevor Noah (Foto: Jordan Strauss/Invision/AP)
- Lizzo (Foto: Jordan Strauss/Invision/AP)
- Heidi Klum, Tom Kaulitz en Bill Kaulitz (Foto: Jordan Strauss/Invision/AP)
- Camila Cabello (Foto: Jordan Strauss/Invision/AP)
- Brandi Carlile (Foto: Jordan Strauss/Invision/AP)
- Tyler, the Creator (Foto: Jordan Strauss/Invision/AP)
- Lil Nas X (Foto: Jordan Strauss/Invision/AP)
- Billie Eilish (Foto: Jordan Strauss/Invision/AP)
- John Legend (Foto: Jordan Strauss/Invision/AP)
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
12 Kommentare
Benn Plat lyk of hy maar moes raap en skraap om kleertjies vir die geleentheid te kry. Maar ten minste was hy daar met sy truitjie en te kort broekie en al.
Siestog en Imogen Heap lyk ook maar erg trietsig en troosteloos. Sy en Ben Platt moes seker die hele aand erg droewig en huilerig gewees het. Die ander lyk darem almal bietjie meer opgewonde en lewenslustig.
Hahahahaha gelukkig verskil smaak……. party van hulle lyk eerder soos narre!!!!
Ek moes nou twee keer kyk na Joe Jonas se foto – eers gedink dit is die jonger weergawe van Rowan Atkinson (Mr. Bean)… Of is dit net ek….?
Ek wonder of Billie Eilish pas van Wuhan geland het om die glansgeleentheid by te woon met haar masker aan. SoosDitIs hy lyk nogals na ‘n jonger weergawe van Mr Bean.