ʼn Klein ‘Moolmantjie’ op pad

Andriëtte het die foto op Facebook gedeel.

Andriëtte het die foto op Facebook gedeel.

Die sangeres Andriëtte het Woensdag bekend gemaak sy is swanger.

“Baie opgewonde om met julle te deel. Ons gaan ʼn klein Moolmantjie hê,” het die blondekop sangeres op Facebook aangekondig. Die pienkvoet word in Februarie verwag.

Andriëtte en haar man, Glynn Moolman, is op 13 Junie verlede jaar getroud. Glynn het ʼn seuntjie uit ʼn vorige verhouding.

Andriëtte het onlangs by die Ghoemas met twee toekennings weggestap, naamlik beste kontemporêre album deur ʼn vrouekunstenaar asook dié van vrouekunstenaar van die jaar.

Sy is in 2007 aangewys as die naaswenner in die Suid-Afrikaanse TV-sangkompetisie Idols.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

san ·

Baie geluk julle. Glo jul kan nie wag vir die koms van jul baba nie. Laat die sewe oseaane se branders breek met baie liefde en seeninge. Jy sal net so great mamma wees en Glynn n great pappa!

Hannelie ·

Baie geluk!!! Weet dit klein babatjie gaan sommer net so pragtig soos sy/haar mamma wees.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.