ʼn Tweede pienkvoet vir SA sanger

Danny K en sy vrou, Lisa Koppel, en hul eersteling, Jordan (Foto: Instagram)

Die Suid-Afrikaanse sanger Danny K en sy vrou, Lisa Koppel, het Saterdag vir die tweede keer ouers geword.

Die sanger het die nuus op sosiale media met aanhangers gedeel.

“Dis ʼn seuntjie! Ek en Lisa is verheug om die aankoms van ons tweede seun aan te kondig,” het hy op Instagram gesê.

Die egpaar het in Oktober verlede jaar hul tweede swangerskap in ʼn kostelike video aangekondig. In die video vra hul eersteling, Jordan (4), vir sy ma wat in haar maag is, waarop sy antwoord “ʼn varkie”, voor sy later erken dis ʼn boetie of sussie.

Danny K en Lisa is in 2012 op die Lourensford-wynlandgoed in Somerset-Wes in die Wes-Kaap getroud.

Danny K is bekend vir die SHOUT-veldtog wat die meedoënlose uitwerking en druk van die misdaad-epidemie in Suid-Afrika aanspreek met behulp van verskeie veldtogte. Hy is ook bekend vir liedjies soos “Brown eyes” en “Who’s that girl”.

Koppel is ʼn ambassadeur vir verskeie produkte en het onder meer haar eie skoenreeks, Running Bear, vir kinders.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Lollie ·

Baie geluk maar jammer dis nie ń ou dogtertjie nie. Met ouboet se lang hare is dit duidelik hulle smag na ń dogtertjie

Moegie ·

Asb! Moet elke sanger en akteur se nuwe pienkvoete aangekondig word. Regtig!

E ·

A nee a, die groenoog monster is bedrywig vandag! Ek dink die kleinding het pragtige hare, wats fout daarmee? Hul kan dit mos sny as hy skool toe gaan, of natuurlik dit so mooi hou, want hul is beroemd en welaf en kan sekerlik ń privaat skool bekostig. Hy is sexy en sy is beeldskoon, geen wonder die kids is sooooo mooi.

Baie geluk.

Lol ·

Miskien moet hulle artikels skryf oor die “groceries” wat hulle koop ook, want die pienkvoet stories raak afgesaag

Sarie ·

Baie geluk… Dis ‘n groot voorreg; maak nie saak wàt die baba se geslag is nie. Dankie MR. Ek is bly julle het vir ons die nuus gebreek…

n ·

dis lekker om ietsie anders te lees buiten moord en doodslag. hoekom die artikel lees as jy nie belangstel nie? daar is baie ander mense wat dit geniet.

VanAfrika ·

Ja ek stem, gaan lees op n ander plek as julle nie sulke nuus wil lees nie. Ek onthou toe my twee seuns gebore is, kon nie wag om hulle in hul stootwaentjie te sit en met hulle in die straat te loop nie. Almal wil tog af show met hul babatjies.

VanAfrika ·

En die ongevoelige aanmerking oor hoekom dit nie n dogtertjie is nie, dis nie jou plan nie, dis God se plan

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.