’n Vierde bulletjie vir Afrikaanse sanger

Jay, Mia, Aiden (8) en Luka (2) en Samuel (6) (Foto: Facebook)

Jay, Mia, Aiden (8) en Luka (2) en Samuel (6) (Foto: Facebook)

Die gewilde Afrikaanse sanger en voormalige lid van Eden, Jay du Plessis, het Maandag weer pa geword.

Jay en sy vrou, Mia, het ʼn vierde seuntjie, Jamie Ryan, ryker geword.

Die egpaar is in Augustus 2009 getroud en het reeds drie woelwaters, Aiden (8), Luka (2), en Samuel (6).

Hy het Aiden, wat uit Mia se vorige verhouding gebore is, aangeneem toe hulle getroud is.

Die sanger het vroeër geskerts hy kan byna ʼn rugbyspannetjie stig met net sy gesin. “Ons het al amper ʼn derde van ʼn rugbyspan! Ons is geseënd en opgewonde,” het hy geskryf.

Jay het Maandag op Twitter gesê hy is dankbaar dat hul vierde bulletjie gesond is. “Die dag het eindelik aangebreek! Ek is buite myself opgewonde. Hy is beautfiul!,” het hy vir ʼn aanhanger getwiet.

Die sanger se platemaatskappy, CO Productions, het hom ook gelukgewens. “Mag hy julle beker laat oorloop van geluk en trots! Excited [sic] saam met julle,” het hulle laat hoor.

Hy maak deesdae opslae saam met die sangeres Lianie May met hul jongste duet, “Da’ vat hy!”. Die twee sangers werk al ʼn geruime tyd lank saam.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Waarheid ·

Baie geluk en sterkte seuns is die ander van ‘n moederhart en ‘n pa se trots.

S ·

Baie baie geluk Jay en Mia en al die boeties. Mag die nuweling vir julle baie vreugde wees in jul almal se lewens. Janee Jay ampe n rugbyspan en dan gaan jy vir ons rugby liedjies begin sing ?. Elke seun gaan n provinsiale span verteenwoordig en saam vir ons Springbokspan speel dan bring hul die bokke se wereldbeker huistoe vir SA ??

CQ ·

Ai dis mooi. Klompie seuns♡
Julle moet nou maar ophou probeer vir n dogtertjie…. lyk my Rugbyspannetjie is in jul kaarte…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.