Nádine en Derick praat oor dáái gerugte

Nádine en Derick Hougaard (Foto: Facebook/Samestelling)

Die Afrikaanse sangeres Nádine en rugbyspeler Derick Hougaard het Dinsdagoggend op JacarandaFM die sluier gelig oor gerugte dat hulle ʼn paartjie is.

Die radioaanbieder Rian van Heerden het as deel van sy laaste week as aanbieder van die Complimentary Breakfast-program dié bekendes gepols oor die vraag wat op talle aanhangers se lippe is.

Nádine was aanvanklik alleen in die ateljee, en het geskerts sy het verwag om oor Van Heerden se laaste week as aanbieder te gesels, en nié gerugte oor ʼn verhouding nie.

Hougaard het aan Van Heerden vertel hy het skoon stadiger gery op pad na die ateljee toe hy hoor wat bespreek gaan word, en was daarom effens laat.

“Ons is nié verloof of ʼn couple nie,” het die sangeres laat hoor. “Ek het ʼn paar goeie vriende, nie net een nie, en om die een of ander rede het dié vriend van my nou bietjie aandag getrek omdat hy vriende is met my en toe ek met hom. Ek verstom my so bietjie oor die storie in hierdie stadium. As ons ʼn couple was, sou ons dit vandag eerste met jou gedeel het, maar ons is net vriende.” Van Heerden was nié bereid om haar antwoord te aanvaar nie.

Hougaard het gesê hy was ook onder die indruk dat hy vir ʼn ander rede ateljee toe genooi is. “Ek het gedink ek is een van jou gunsteling-rugbyspelers, maar nou is dit nie waar nie,” het hy vir Rian geterg. “Ek het gedink ek moet die laaste week wat jy hier is saam met jou op die program kuier. Daar is definitief iets, maar ons moet dit nog uitwerk,” het Hougaard geskerts voor hy deur Nádine onderbreek is.

“Ons is regtig net vriende. Ons kan selfs vir Derick ʼn meisie op die lug soek!” het sy teruggekap.

Die bekendes het die saak daar gelaat.

Nádine het aan Van Heerden vertel sy is tans terug van Nieu-Seeland waar sy in die verhoogproduksie Joseph and the Amazing Technicolor Dreamcoat te sien was. Sy is verder besig met die musiekopnames vir die vierde reeks van Musiek Roulette wat op SABC2 te sien is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

35 Kommentare

Nonnie ·

Ek – as jy nie omgee nie, moenie die artikel lees nie. Daar is wel mense wat ander die bietjie geluk gun! Ek is nie ‘n aanhanger van een van hulle nie, maar as hul geluk in mekaar kan vind, hoekom nie. Hulle het ook nie na die media gehardloop met die storie nie, die media loop agter hulle aan vir ‘n storie.

Hannelie ·

Ek gee om. Want Derrick verdien regtig geluk. En ek stem saam Nonnie, as jy nie omgee nie, hoekom het jy die hele berig gelees? Ook maar nuuskierig. En ek dink hulle twee pas baie baie mooi bymekaar.

Delorise ·

En wat daarvan…. het Rian niks anders om oor te gesels nie … is sy dam nou opgedroog om oor iets beters te gesels. Simpel verby.

dolphin ·

dis sal wonderlik geleentheid gee en hopelik sal mekaar liefde vind en eendag goeie ouers sal wees.wie weet dit?

Louise ·

Ek gun albei van hulle groot geluk! Hulle is twee oulike mense.

Michelle ·

Wel, ek hou baie van albei.
Hou Nadine al dop vandat sy ‘n dogterjie was. Van daai tyd al gese die meisietjie gaan nog eendag ver kom. En sy het ook.
Sy was en is en sal altyd ‘n pragtige mens wees.
En net om die cherrie op die koek te sit – het sy boonop ‘n pragtige stem ook.
Die hele “package” all in one.
Min mense kan dieselfde se.

Willa ·

En wat daarvan ás hulle ‘n paartjie is? Ek dink nie hulle doen iemand daardeur leed aan nie!

LMF ·

Ek stem saam ek wag vir die oomblik dat Derick weer geluk vind want hy was soos n hond behandel deur sy ex en hy verdien net die beste so as dit so is jipee en hul verneuk niemand nie

Millicent ·

Twee lieflike mense kan goeie vriende wees. Ek en my man is al 29 jaar getroud en ons was en is nog altyd goeie en beste vriende.

Vernon Rietoff ·

Nàdine en Derick “This time I know it is for real”

zis ·

Nou wat daarvan as hulle `n paartjie is, dit is mos hul persoonlike sake en het niks met die publiek of die media te doen nie.

ek ·

Wel sys baie mooier, beter en meer ordentlik as sy vorige “vrou” as jy haar dit kan noem…

Nardus ·

Eish nou is my kans met Nadine daarmee heen….aaaaahhhh!!!lol, Joke net maar sy is stunning. Ek dink hulle sal cool lyk as `n couple.

Dr. Phill ·

Ek het na hulle geluister op Jakaranda..Nadine het seker vyf keer gesê hulle is net VRIENDE..Ek kon hoor nie sy stel belang in Derick as ‘n trou man nie..Haar hele houding spreek daarvan. Sy was baie ongemaklik.Nadine wou tot die SMS lyn gebruik om vir Derick ‘n meisie te reel net om hom af te skud.Sies Riaan dat jy haar in so ongemaklike situasie plaas.Derick is soos ‘n Fox terrier agter haar aan.. Onthou my woorde ..Hy wil haar hê, maar ek weet sy sien hom net as ‘n VRIEND. Daar is ‘n goeie rede hoekom Karlien weg is..Arme Nadine

Theresa B ·

Ek sal nie eers op die gerugte reageer nie. Julle altwee verdien geluk!! Dit het niks met enige iemand te doen wat julle doen en besluit nie.

Lee Randburg ·

Ek is gek oor albei en hou albei my duime vas dat daar n verhouding van kom! Hulle sal die mooiste paartjie uitmaak. Dink net…tweeling dogtertjies!!!!!

Nadine Fan 1000 ·

Dit sal so awesome wees, Nadine verdien die beste en Derick sal haar op die hande dra hy weet 1ste hands hoe dit voel om “afgeskeep” te wees in n awesome verhouding.. Go girl jy is tops en verdien net die beste

Karin ·

Maroela Media: Het ons ‘n stadige nuus week in Suid-Afrika?

Sons ·

Gee Nadine n kans,sy is volwasse en weet wat sy in die lewe wil he.Los haar dat sy haar eie man soek

Jeannette ·

Ag hemel tog, Suid-Afrikaanse “wanna-be” ‘sterre’ het tog so ‘n hoë dunk van hulle self! As hulle trou, kinders kry, skei, weer in ‘n verhouding raak, ‘n skelmpie kry is dit amper voorbladnuus en daar is wraggies mense wat dit opslurp! Wie gee om of die twee nou ‘n paartjie is of nie? Albei is enkellopend (hoewel Nadine darem nou al bietjie lank in die tand raak) en hulle is “after all” gewone mense soos jy – hulle doen alles soos ek en jy dit sou doen (of min of meer).

Susan Forret ·

Ek voel ons almal raak maar een of ander tyd lank in die tand en as jy enkel loopend is waarom nie gelukkig wees nie. Derek is deur n baie hartseer tyd so gun hom ook n bietjie geluk. Ons almal verdien geluk aan die einde van die dag

cr ·

Baie geluk Derek en Nadine! Ek hoop julle sal vir altyd gelukkig saam wees!

Ou Gaafste ·

Wil die Derick perd nie nou maar aanbeweeg nie!

Ek stem saam met Dr. Phill hierbo – ek dink hy’s net ‘n irritasie vir Nadine!

Deloris ·

En wat daarvan…. het Rian niks anders om oor te gesels nie … is sy dam nou opgedroog om oor iets beters te gesels. Simpel verby.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.