Namibiese skoonheid en rocker-man verwelkom pienkvoet

Adam Levine en Behati Prinsloo (Foto: Jason Merrit/Getty Images)

Adam Levine en Behati Prinsloo (Foto: Jason Merrit/Getty Images)

Die Namibiese skoonheid, Behati Prinsloo en haar man, die Amerikaanse sanger Adam Levine, het Woensdag hul eersteling in die wêreld verwelkom.

Die Amerikaanse webwerf Us Weekly berig die egpaar se dogtertjie, Dusty Rose, is Woensdagmiddag gebore.

Die egpaar is in Julie 2014 getroud.

Behati is veral bekend as ʼn onderkleremodel vir Victoria’s Secret.

Adam Levine se musiekgroep, Maroon 5, het Maandag ʼn konsert in Connecticut in die VSA gekanselleer. Die groep het op hul webwerf gesê die konsert is gekanselleer “omdat Adam se baba binnekort gebore word”.

Prinsloo het ook haar swangerskap gedokumenteer met ʼn reeks Instagram-foto’s van haar groeiende baba-magie.

Dit is veral die pienkvoet se naam wat die tonge op sosiale media laat klap. In ʼn meningspeiling op Twitter het meer as 50% gebruikers gestem dat hulle nie van dié naam hou nie.

Die webwerf Yahoo Lifestyle het ook Dusty Rose as een van die vreemdste babaname nóg bestempel. ʼn Ander Twitter-gebruiker het gesê sy wil nie meer in ʼn wêreld leef waar vreemde name vir bekendes se kinders ʼn mode is nie.

Baie mense is egter ook mal oor die naam. Die webwerwe Hello Giggles en E! Online het gesê dit is beslis een van die oulikste en oorspronklikste name nóg.

Adam het voorheen skertsend aan die webwerf E!News vertel hy wil “minstens 17” kinders hê. “Ek is baie lief vir kinders,” het hy bygevoeg.

Bron: Us Weekly, E!News

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

E ·

Baie mooi naam. Ten minste sal sy nie op skool in ń verleentheid wees met annatjie sussanatjie marietjietjie saartjie helgatjie …… nie.

Rene ·

E, ek is jammer dat jy so neerkyk op vroue met ORDENTLIKE name. My tannie is Anna, sy is ‘n fantastiese persoon, My vriendin Susan, was ‘n regte raakvatter, van koekbak tot pleisters plak, My vriendin Marietjie uiters talentvol. Saartjie Bauman was oulike GESONDE kinder leesstof, sonder vuil seksuele ondertone. en Helga was altyd gaaf en behulpsaam. So jammer dat jou snobisme name afbreek en verkleineer deur -tjie agter elke naam aan te las. Sien hulle noem jou E, seker vir die drug Ecstacy, want jy is seker nou nog skaam oor jou naam. hoogmoed kom ook tot ‘n val.

Peet ·

ANNA Kournikova, ‘n pragtige mens en ek glo trots op haar naam. Nee-wat, julle sukkel met grênd name en verdwaal so in naamgewing dat oupas en oumas maar sukkel om by te bly. Vra jy eendag vir die kind waar daardie naam vandaan kom dan is die antwoord: “Pa en ma het die konkoksie uitgedink.”

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.