Nataniël maak stem dik oor kettingboodskap

Nataniël (Foto: Facebook)

Die sanger, skrywer en verhoogpersoonlikheid Nataniël het hom die afgelope naweek tot sosiale media gewend om homself te distansieer van ʼn kettingboodskap wat op sosiale media versprei en aan hom toegeskryf word.

Nataniël het dié boodskap, wat volgens hom “ʼn paar onnoselhede” is wat as “wysheid verkoop word”, veroordeel.

Dít volg nadat hy verlede jaar ook sy stem dik gemaak het teen ʼn soortgelyke kettingboodskap wat ook op die boodskapdiens WhatsApp én op sosiale media versprei is.

Dié boodskap maan mense onder meer om die “eenvoud” van die lewe te waardeer en om nie ʼn “wrok” te koester nie.

“Wees altyd dankbaar vir alles wat jy het en lewe eenvoudig. Hoe minder goeters jy het, hoe minder wharries het jy – en hoe lekkerder slaap jy! Wees onvoorwaardelik lief vir jou gesin en familie en aanvaar elkeen presies net soos hy of sy is … vriende kan jy kies, familie nie! Moenie toelaat dat jou brein muf met issues soos onvergewensgesindheid, skuldgevoelens of grudges nie. Hardloop jou lewens-spiedomitir in die rooi en help waar jy kan (sic),” lui ʼn gedeelte van die kettingboodskap.

Nataniël sê aanhangers moet kennis neem dat die boodskap nié deur hom geskryf is nie.

“Ja, dis Desember en weer tyd vir die gewraakte selfoon,” het hy in ʼn Facebook-inskrywing gesê. “Elke jaar hierdie tyd besluit een of ander ledige wese om ʼn paar onnoselhede as wysheid te verkoop en my naam daaraan te koppel.

“Die nuutste [hiervan] word tans deur duisende mense (wat duidelik nie weet dat ons in hierdie tyd inspirasie, hulp, goedgesindheid en inligting behoort te versprei en bog te vermy nie!) op selfone rondgestuur, en begin met die woorde: Net Nataniël kan ʼn ding só raak sê!”

Die sanger sê dié boodskappe is “deurspek van swak taal, swak sentiment en swak smaak”.

“Aan elkeen wat twak rondstuur of aanstuur: Enigiets wat valslik onder die verkeerde naam versprei word, is ’n kriminele oortreding met hewige gevolge, vernietig dit en gebruik jou kosbare tyd beter. Ek beaam weer eens die titel van Vivienne Westwood se nuutste boek: Get a life!

Nataniël is tans op die lenteuitgawe van SARIE Kos te sien. Vir meer inligting, besoek die Nataniël Fan Page Facebook-blad.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

E.K. die eerste ·

Ook al hierdie tipe epos gekry wat as “gospel” versprei word. Regtig? Mense hou julself besig met dinge wat saakmaak in plaas van twak rondstuur.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.