Die Afrikaanse sanger Bok van Blerk en sy vrou, Hanna Grobler, verwag hul tweede kind.
Die egpaar se mediawoordvoerder, Jenny Griesel, het dié nuus Maandag aan Maroela Media bevestig.
Griesel sê die egpaar gaan in dié stadium nog nie enige inligting oor hul tweede kind bekend maak nie, behalwe dat hulle “baie opgewonde is” oor die nuwe toevoeging tot hul gesin.
Grobler het die afgelope naweek foto’s van haar ooievaarstee op sosiale media gedeel. Sy het na die dag as ʼn “spesiale dag” verwys.
Die egpaar se eersteling, Samuel, is op 19 Desember 2016 gebore.
Van Blerk (Louis Pepler) en Grobler het in April 2015 ʼn kind verloor – ʼn seuntjie wat doodgebore is.
Die sanger is hoofsaaklik bekend as sanger en akteur, en Grobler as aktrise en die uitvoerende hoof van die Hanna Charity and Empowerment Foundation, ʼn liefdadigheidsorganisasie wat hom toespits op die bekamping van armoede.
Veels geluk, baie bly vir julle!
Positiewe nuus – baie baie geluk julle twee.
Baie geluk julle. Mag jul nuwe bondeltjie ook baie vreugde aan julle gee
Baie Geluk Bok en Hanna! Twee pragtige mense wat al die geluk verdien wat hulle kan kry.
Dis so lekker om iets van hulle te lees, want hulle is so privaat en “brag” nie al ewig oor ALLES wat in hulle lewens aangaan nie. Nederige mense…Plat op die aarde!