Nóg ʼn internasionale ster op pad na SA

Big Concerts het aangekondig die musikant Ed Sheeran sal in Maart volgende jaar in Suid-Afrika optree.

Dié Britse rooikopsanger, wat die ganse wêreld gaande het met sy treffers soos “Shape of you”, “Perfect” en “Thinking Out Loud”, sal op 23 Maart by die FNB-stadion in Johannesburg te sien wees en op 27 Maart by die Kaapstad-stadion.

Sheeran se musiek is tot op hede met vier Grammy-musiektoekennings bekroon en sy jongste album, ÷ (uitgespreek “divide”), het reeds meer as 15 miljoen kopieë wêreldwyd verkoop.

Kaartjies vir die vertoning in Kaapstad sal vanaf Donderdag 28 Junie aanlyn beskikbaar wees, terwyl die kaartjies vir die Johannesburgse konsert vanaf Vrydag 29 Junie beskikbaar sal wees. Die kaartjies sal by Computicket te koop wees.

Die Amerikaanse popsangeres Katy Perry tree in Julie vanjaar vir die eerste keer in Suid-Afrika op terwyl die rockgroep Guns n Roses in November vanjaar ʼn draai in Suid-Afrika sal maak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.