Nóg ’n Van Cokie op pad

Francois, Lauren en Alex deel groot nuus (Foto: Instagram)

Francois van Coke en sy vrou, Lauren Badenhorst, het pas aangekondig dat Lauren swanger is met hulle tweede kind.

Francois en Lauren het albei vandag, op Lauren se verjaardag, ʼn plasing op Instagram gedeel om die groot nuus aan te kondig.

“Groot celebrations vandag! [Lauren] verjaar en die familie raak groter,” het Francois geskryf by ʼn foto van hom, Lauren en hul dogtertjie, Alex, met ʼn sjokoladeverjaardagkoek en ’n sonarfoto.

“ʼn Ekstra spesiale verjaarsdag,” het Lauren geskryf.

Francois en Lauren is in Januarie 2012 getroud en hulle het ʼn dogtertjie, Alex Lila, wat die ewebeeld van Francois is. Sy is nou drie en ʼn half jaar oud.

Francois saam met sy dogter, Alex (Foto: Instagram)

Francois het vroeër aan Maroela Media vertel hoe sy lewe die afgelope dekade verander het van rebelse rocker tot toegewyde pa.

“Alles het verander. Ek het ʼn gesin, ek het ʼn huis waarin ek bly, waarvan ek hou. My familie het belangriker geword as wat musiek vir my is. Dit was nooit so vir my nie, musiek was altyd die belangrikste. Maar nou is daar iets beter in my lewe,” sê hy.

Francois het gesê dit is vir hom die beste ding in die wêreld om ʼn pa te wees.

Alles het heeltemal verander toe ek haar [Alex] die eerste keer sien en in haar oë kyk. Dit is moeilik om te verduidelik, maar dinge verander. Jy besef haar lewe is belangriker as jou eie. Dit is die wonderlikste en moeilikste en coolste ding in die wêreld.”

Francois het afgesluit deur die musiekgroep Foo Fighters aan te haal. “In times like these we learn to love again,” het hy geskryf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.