Nuwe aanbieder vir ‘WorkZone’ op Jacaranda FM

Alex Jay. Foto: Kevin Mark Pass/Verskaf

Jacaranda FM het aangekondig dat sy middagprogram WorkZone van 15 Oktober af nie meer deur Barney Simon aangebied sal word nie.

Alex Jay sal by Simon oorneem elke weeksdag tussen 12:00 en 16:00. Simon skuif na die Jacaranda FM Regional-uitsending van WorkZone met Sascha van Gelder, wat uitsaai na Limpopo en Mpumalanga, elke weeksdag tussen 12:00 en 16:00.

Jay én Simon sal naweek-ontbytprogramme aanbied. Barney Simon’s High School Hits Classics sal terug wees op Jacaranda FM, elke Sondag tussen 7:00 en 10:00, terwyl Jay steeds Weekend Breakfast op Saterdae tussen 7:00 en 10:00 sal aanbied.

“Alex en Barney is landwyd baie geliefde en gerespekteerde persoonlikhede en hierdie verandering is ʼn geleentheid om ons weeksdag-aanbieding te verfris ná die insluiting van Elana Afrika-Bredenkamp vroeër vanjaar.

“Ons het die beste van albei wêrelde met twee van die mees gesoute aanbieders in radio, ses dae per week op die lug,” het Kevin Fine, Jacaranda FM se hoofbestuurder, gesê. “Dis deel van ons volgehoue toewyding daartoe om aan ons gehoor en adverteerders die gehalte van aanbieders te bied wat hulle nog altyd geniet het, tesame met ons briljante musiekaanbieding.”

Jay het op 3 Februarie by Jacaranda FM aangesluit en bied sedertdien Weekend Breakfast aan. Hy was ook op Jacaranda FM Regional te hoor.

Jay, die trotse pa van drie – wat ook ʼn platejoggie, musikant, seremoniemeester en stemkunstenaar is – beskik oor meer as 36 jaar ervaring.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Ens ·

Barney moes al jare terug af getree het. N stok ou man wat hom gedra asof hy 21, cool en skreeu snaaks is. Net my opinie!

ESA ·

Vandat Thumi daar drooggemaak het en so beskerm is deur Jakaranda luister ek nie meer na hulle nie. Dis nou al lank en ek mis hulle playlist en hulle aanbieders glad nie.

Boxer ·

Luister ook nie meer na hulle nie. Om elke dag na dieselfde liedjie 3 to 4 keer op ‘n dag te luister was nie meer vir my nie. Dit het regtig geklink of hulle net omtrent 20 liedjies het wat herhaal word op n dag.

BLOM ·

Barney is, en was nog altyd ‘n puik aanbieder – mal oor hom.

charmaine ·

Hoe verbaas is ek nou! Nie geweet hulle is nog n stasie nie my jinne. Luister al jare na Bosveld en nou ook LekkerFM.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.