Nuwe kinderboek vir ‘Harry Potter’-skrywer

JK Rowling. (Foto: Facebook)

JK Rowling, skrywer van die Harry Potter-reeks, se nuwe kinderboek, The Christmas Pig, word in Oktober bekendgestel, het die uitgewer Dinsdag aangekondig.

Die Skotse skrywer se jongste boek sal gelyktydig in 20 lande en in verskeie tale uitgereik word op 12 Oktober, het die Franse uitgewer Gallimard gesê.

Die boek vertel die verhaal van ʼn jong seun met die naam Jack wat alles in sy vermoë doen om sy verlore speelgoedvarkie te vind en is gemik op lesers wat agt jaar oud en ouer is.

Dit is minder as ʼn jaar gelede dat Rowling (55) se laaste boek, ʼn feëverhaal getiteld The Ickabog uitgereik is. Dit was haar eerste kinderboek sedert die sewende en laaste aflewering van Harry Potter in 2007.

Sy het intussen verskeie romans vir volwassenes gepubliseer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.