Ooievaar besoek voormalige Mej. SA

Claudia se bababoep op Kersdag. Foto: Via Instagram

Claudia Henkel, die skoonheid wat in 2004 die Mej. SA-kroon gedra het, en haar man, Orin Roesstorff, se tweeling is vandeesweek gebore.

Henkel het in September die nuus op sosiale media gedeel dat sy swanger is met ʼn tweeling, ʼn dogtertjie en ʼn seuntjie. Die babas is Dinsdag gebore en sy het Saterdag die eerste foto van een van die babas op haar Instagram-profiel gedeel.

“Op 23 Januarie om 17:00 het my lewe vir die beter verander, julle was albei gereed en so was ek, 20 klein vingers en 20 klein tone, perfeksie. Wat ek en julle pappa vir julle voel kan nie in woorde uitgedruk word nie. Soveel liefde, soveel seënings, so dankbaar (sic),” lui die inskrywing by die foto.

Henkel, wat deesdae vir Sun International werk en onder meer die Mej. SA-skoonheidskompetisie bestuur en aanbied, is in 2015 met Roesstorff, ʼn sakeman, getroud.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.