Oprah dra Gert-Johan Coetzee by Global Citizen fees

Oprah Winfrey het Gert-Johan se ateljee besoek tweryl sy in Suid-Afrika was. (Foto: Verskaf)

Die gewilde Afrikaanse ontwerper Gert-Johan Coetzee het ʼn belangrike internasionale veertjie in sy hoed gesteek toe Oprah Winfrey Sondag op die Global Citizen‑feesverhoog verskyn het in ʼn vloeiende songeel sykaftan wat hy vir haar geskep het.

Winfrey het die gehoor by die FNB-stadium toegespreek oor wat dit beteken om ʼn wêreldburger te wees, en het genoem hoe belangrik gemeenskap is, en om uit te reik en ander te laat voel hulle is spesiaal en nie alleen nie. Die fees het sterre soos Beyoncé, Jay-Z, Coldplay, Ed Sheeran en Trevor Noah na SA gelok om die 100ste herdenking van Nelson Mandela se verjaardag te vier.

“Ek het altyd gedink dit is omdat Madiba ’n wêreldburger was dat hy werklik gesien het hoe die mag van een kan lei na die bemagtiging van baie,” het Winfrey gesê.

Coetzee het van vandeesweek bevestig dat die gewilde televisie-vrou verlede week sy ateljee kom besoek het en hom en sy span met haar grasie, humorsin en groot hart betower het.

“Dit was so ’n eer om haar te ontvang, en om die geleentheid gebied te word om iets regtig spesiaal vir haar te maak om te dra,” het Coetzee gesê.

Oprah dra ‘n Gert-Johan Coetzee-skepping (Foto: Getty Images)

Die kaftan is uit gedrapeerde sy in ’n ryk skakering van geel gemaak  met ’n band om die middel wat met tradisionele Afrikakrale en Swarovski‑kristalle versier is.

Coetzee is wel bekend met Winfrey se Suid-Afrikaanse belange, as ’n vorige mentor van een van die studente wat by die Oprah Winfrey Leierskapakademie vir Meisies in Henley-on-Klip gegradueer het as deel van sy eie beursprogram.

“Ek het nog altyd wonderlike, uiters professionele ervarings met me. Winfrey se skool gehad, so dit was regtig ʼn plesier om haar te ontmoet en eerstehands te ervaar hoekom die akademie so ’n aura van uitmuntendheid uitstraal,” het Coetzee gesê. “Ons sien daarna uit om die verhouding verder te ontwikkel.”

Coetzee het al voorheen vir ander bekendes soos Kourtney Kardashian, Kelly Rowland en Kristin Cavallari uitrustings gemaak.

“Dit was ʼn eer om vir Oprah in my ateljee te hê. Sy is so wonderlike, nederige, oorspronklike siel,” het Coetzee saam met ʼn foto van hom en Winfrey op Instagram geskryf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

IK ·

Dankie tog dat met die volgende verering is ek (hopelik) onder die kluite en vergeet. Groot is die genade om deur God onthou te word en nie aardse wesens wat my verafgod . . .

thea ·

ai ai die rok lyk nie na iets veel nie
gewone snit, met n bietjie kraletjies by die borslyn
niks om oor huis toe te skryf nie

‘n Dieet van Suur Pruime en Bittergal ·

Hoekom is sommige kommentators so suur en verbitterd? Is daar absolut niks in die lewe wat ooit goed is nie?

Gert-Johan jou briljante talente is reeds erken in eerste wêreldse lande waar die mense ontwikkeld en 100 maal meer gesofistikeerd is. Hier gaan die meeste vroue met sweetpakke en spykerhakskoene, pep t-shirts en kortbroeke en sloffies met vuil toonnaels en gebarste hakke winkels toe. Wel gedaan met jou prestasie veral in aggenome dat jy in ‘n derde wêreldse Afrika land woon.

Arsēne Lupin ·

Ek dinknie daar is iets verkeerd met ‘n Pep t-hempie nie. Nie almal Kan Queenspark bekostig nie.

Laetitia ·

Baie pragtig Gert -Johan Coetzee.
Jou God gegewe talent is daar vir almal.
Ek is mal oor kaftan’s en sy dra dit met soveel grasie.

Thea ·

daar niks verkeerd met pep klere nie
ek het in my kas queenspark miladys, edgars woolworths donna Claire, pep klere
ek dra dit smaakvol
en ek betaal dit my self
ek wonder of Oprah betaal het???
ek glo die jong man het talent

Nets ·

Al dra n “skaap” ñ goue ring! Lyk vir soos ñ vla advertensie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.