Oud-rugbyspeler en bakkersvrou word ouers

Corli Botha en haar gesin (Foto: Facebook via Corli Botha Koekdoor 2-wenner)

Die kranige entrepreneurbakster Corli Botha wat verlede jaar as die wenner van die gewilde Koekedoor-reeks aangewys is, het Dinsdag goeie nuus gedeel: sy en haar man, die oudrugbyspeler Gary Botha, het weer ouers geword.

Botha het dié nuus Dinsdag op Facebook met aanhangers gedeel.

“Net wanneer jy dink jy ken liefde, kom iets kleins op jou pad om jou te leer hoe groot liefde regtig is,” het sy geskryf.

Die egpaar se nuweling, ʼn dogtertjie, heet Abigail Elizabeth Botha. Hul ander kind, Kaitlyne, is vanjaar tien jaar oud.

“Ons belowe om altyd onvoorwaardelik vir jou lief te wees wie ook al jy besluit om as mens te wees. Ons beloof om hier vir jou te wees wanneer jy ons nodig het. Niks sal God se plan vir jou lewe keer nie en mense sal altyd sy lig deur jou sien skyn. Ons hoop jy laat altyd voetspore van liefde en goedheid waar ook al jy gaan.”

Botha en Wessels van Vuuren het in Julie verlede jaar in die slotaflewering van die reeks troukoek gebak om te beslis wie met die Koekedoor-titel huis toe sou gaan. Corli se botterkoek, vanielje-sponskoek, klapperkoek, suurlemoen-en-jogurtkoek, ’n sout-karamel-vulsel en lemmetjiestroop met ʼn wit fondantlaag het haar uiteindelik die kroon besorg.

Haar eerste resepteboek, Corli se kombuis, is in Augustus verlede jaar bekend gestel.

Corli Botha (Foto: Facebook via Corli Botha Koekdoor 2-wenner)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Jakoba ·

Baie geluk met julle kosbare seening uit God se hand. Sy is pragtig volmaak geskape. Julle is voorwaar ‘n mooi gesin.

Stunning ·

Julle lyk stunning, baie geluk, dit is voorwaar goeie nuus en geniet daardie bondeltjie liefde, ai die ousus is so trots en gelukkig, sy straal dit behoorlik uit.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.