
Jacques Kallis en Charlene Engels (Foto: Instagram)
Die voormalige Proteas-krieketkaptein Jacques Kallis en sy vriendin, Charlene Engels, het die naweek hul verlowing aangekondig.
“Onbeskryflik geseënd! Ons vir ewig begin nou!” het Engels op Instagram saam met ’n foto van haar en Kallis geskryf. Engels se verloofring is ook in die foto sigbaar.
Bekendes soos Shane Watson, Roxy Louw en Tracey Lange het hul gelukwense vir die paartjie op Instagram gedeel.
Kallis (42) en Engels is reeds vir die afgelope drie jaar ’n paartjie.
Engels het ook foto’s op Instagram gelaai van haar wat die verlowing met ’n glasie vonkelwyn saam met onder andere haar ma, suster en peetma vier.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
4 Kommentare
As julle gesê het Jacques “Kallis verloof” sou julle dalk iemand gekry het wat die artikel sal lees???
Ek mag verkeerd wees maar, sovêr ek weet, was Jacques Kallis nie krieketkaptein nie.
baie koel paartjie baie geluk jou ou doring jy sal altyd een van die bestes wees in ons krieket geskiedenis !!!!!