‘People’ se sexyste man van 2021 is…

Paul Rudd is aangewys as People-tydskrif se sexyste man vir 2021. (Foto: People.com)

Die Amerikaanse akteur Paul Rudd is deur People-tydskrif as vanjaar se sexyste man aangewys.

Rudd se nuwe titel is deur die geselsprogramaanbieder Stephen Colbert aangekondig in Dinsdagaand se episode van The Late Show with Stephen Colbert.

Die 52-jarige Rudd se vrou, Julie, met wie hy 18 jaar lank getroud is, is die enigste ander persoon wat vooraf geweet het dat Rudd dié gesogte titel gaan ontvang. Die egpaar het twee seuns, Jack (17) en Darby (12).

Rudd is bekend vir ʼn hele rits Hollywood-rolprente, soos Ghostbusters: Afterlife (2021), Ant-Man (2015), This is 40 (2012), The 40 Year Old Virgin (2005), Anchorman (2004) en Clueless (1995).

Hy het ook van 2002 tot 2004 die rol van Mike Hannigan, die geliefde Friends-karakter Phoebe Buffay, se kêrel in dié uiters gewilde komediereeks vertolk.

Volgens Rudd is hy, ten spyte van sy supersterstatus, op sy gelukkigste wanneer hy tuis saam met sy gesin is.

Paul Rudd en Lisa Kudrow as Mike Hannigan en Phoebe Buffay in ‘Friends’. (Foto: IMDb)

“Wanneer ek aan myself dink, dink ek net aan myself as ʼn man en pa. Ek kuier saam met my familie wanneer ek nie werk nie. Dit is wat ek die meeste geniet,” het hy gesê.

Die akteur het geskerts dat hy hopelik, noudat hy “amptelik sexy is”, uitgenooi sal word vir etes saam met George Clooney en Brad Pitt.

“Ek glo ek sal ook meer gereeld op seiljagte kuier. Ek gaan my seiljag-lewe uitbrei. En ek gaan probeer om beter daarmee te raak om peinsend onder sagte ligte te sit. Ek dink dit gaan my help om meer misterieus voor te kom. Ek sien uit daarna,” het hy geskerts.

Bron: People.com

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

3 Kommentare

jongste oudste gewildste
Misky

Hy is baie aantreklik ja, maar sal werklik nie sê ‘sexyste ter wereld nie’

Susan

Paul is “Obviously” ‘n Vampire…hy word nie ouer nie