‘People’ wys ‘wêreld se mooiste’ aan

pink people voorblad

Pink en haar kinders, Willow en Jameson. (Foto: People)

Die Amerikaanse sangeres Pink is aangewys as People Magazine se mooiste vrou en pryk tans op dié tydskrif se voorblad saam met haar kinders, Willow (6) en Jameson (1).

Pink, wie se regte naam Alecia Moore is, lag uitbundig op die voorblad van die Beautiful-uitgawe terwyl sy haar en haar man, Corey Hart, se skattige kinders omhels.

Volgens nuusberigte was die sanger “geskok” toe sy die nuus ontvang dat sy en haar kinders gekies is vir die voorblad.

Fox News berig die 38-jarige sangeres het Woensdag via satelliet op Ellen DeGeneres se kletsprogram gesels oor dié prestasie. “Ek het hardop gelag,” het die popsangeres gesê. “Ek het dadelik na die persoon wat saam met my in die vertrek was gedraai en gesê: ‘Het jy ooit gedink dit kan só goed gaan?’”

Sy het ook bygevoeg dat sy hou van die manier hoe skoonheidstandaarde verander. “Ek hou van hoe die persepsies van wat skoonheid is op sy kop gedraai word.

“Daar is niks verkeerd daarmee om mooi van binne of buite te wees nie – skoonheid is verskillende skakerings, verskillende groottes, dit beteken wat ook al dit vir jou beteken. Ek dink my sin vir humor is die beste deel van alles, en aan die ander kant is dit ʼn wonderlike tyd waarin ons verskillende soorte mense vier.”

In die onderhoud met People het Pink vertel dat sy haar kinders in ʼn omgewing grootmaak waar hulle nie geëtiketteer word nie.

“Ek voel geslagsneutraliteit is ʼn etiket opsigself en ek glo nie in etikette nie,” het sy gesê. “Ek hou nie van etikette nie en glo dat ʼn meisie enigiets kan doen. ʼn Seun kan enigiets doen. Dit is die soort huis waarin ons woon.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Saartjie ·

Skoonheid kom van binne….. Mooi van binne, mooi van buite

Neelsie ·

Waar val jy uit Andre? Sy’s American! 2. Dis Australiese.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.