Pienkvoet op pad vir glanspaar

Die inskrywing wat Anelle Ludik op Instagram geplaas het.

Die akteur en musikant Stefan Ludik en sy aktrise-vrou, Anelle, gaan eersdaags ouers word.

Anelle het dié nuus in ʼn skattige Instagram-inskrywing gedeel. Sy het ʼn foto geplaas van ʼn paar bruin manstewels met ʼn paar swart vrouestewels langsaan en tussenin ʼn paar oulike bruin babaskoentjies. Onderaan die foto het sy geskryf: “Net wanneer jy dink dat jy liefde ken, kom iets klein om jou te herinner net hoe groot dit werklik is.”

Talle het die egpaar op die inskrywing gelukgewens met hul groot nuus.

Stefan het al in verskeie sepies verskyn. Hy het Anelle destyds op die stel van Binnelanders ontmoet toe sy ook ʼn rol in dié reeks vertolk het. Stefan is ook die hoofsanger van die groep Elvis se Seun.

Die egpaar het in Mei vanjaar tydens ʼn sprokiestroue by Monte de Dios in Zwavelpoort ewige trou aan mekaar beloof nadat hulle einde 2017 verloof geraak het. Anelle het destyds vertel haar troue met Stefan het gesorg vir “onvergeetlike herinneringe vir ʼn leeftyd”.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.