Prins Louis se amptelike doopfoto’s

(Foto: Matt Holyoak)

(Foto: Matt Holyoak)

Die Kensington-paleis het vier amptelike doopfoto’s van prins Louis, die jongste seun van prins William en Catherine, die hertog en hertogin van Cambridge, se doop vrygestel.

Die familiefoto’s is deur die bekende fotograaf, Matt Holyoak, by Clarence House in Londen geneem ná afloop van prins Louis se doop op 9 Julie in die St. James-paleis in Westminster in Engeland.

Prins William en Kate glimlag breed op die foto’s saam met hul drie kinders, prins Louis, prinses Charlotte (3) en prins George (4) en ander familielede.

Op een foto hou Kate vir prins Louis vas terwyl sy liefderik afkyk na hom. Hy is geklee in ʼn roomkleurige rok met kantvalle, ʼn namaaksel van die ingewikkelde skepping wat vir koningin Victoria se oudste dogter in 1841 gemaak is.

Louis Arthur Charles, wat prins Louis van Cambridge heet, is op 23 April 2018 gebore en het by geboorte 3,9 kg geweeg.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Koning George ·

Lyk soos ‘n foto uit die vorige eeu . genade tog . mag die mense nie net die tradisie so ‘n bietjie laat gaan en meer modern aantrek en modern wees nie. Kate en Meghan is pragtige dames, hou op om hulle so in ‘n boksie te druk, die ou hele koninklike affere is belaglik . hulle is gewone mense wat kinders het wat huil en lag en eet en drink en badkamer toe gaan hou op om die spul so op te hemel en geen hulle kans om ook ‘n bietjie normaal te leef.

VanAfrika ·

Koning George, wil jy dan hê die dames moet punt bras dra soos Madonna, in lingeré met net kouse en hoè hakke. Moet die mans se broeke onder hul onderbroeke hang sodat hulle wydsbeen moet loop om die broek op te hou, die hare in n man bun of toutjies teen die rug af, of n styl met mawhawk en patrone reg deur die res van die hare. Los die royalty, hulle trek aan met klas, is altyd deur n ring getrek en daar is niemand wat mooier as Prinses Diana aangetrek het nie. Hierdie familie leer dames om soos dames aan te trek, nooit sal jy hulle sien met n G-string wat deur hul glewe trek as hulle buk, of deurskynende rokke of rompe vir die wêreld om hulself te belustig nie. Dis lekker om in iemand vas te kyk was reg bedek is met smaak, nie iemand wat alles vertoon en dan moet ek in dit vas kyk nie, ek wil mense se gesig sien, nie hulle anitomie nie. Dis altyd n plesier om na die royal gesin se mode smaak te kyk, dis altyd klassiek.

C ·

Van Afrika ek stem 100% saam met jou!!!!!!! Dis beautiful fotos en daar is niks met tradisie verkeerd nie.

Nettie ·

Maroela Media, ek dink nie HRH Prinses Catherine van Cambridge was geklee in die dooprok nie; verwys paragraaf 4 – “sy” was geklee in ‘n roomkleurige rok ….. Dit was Prins Louis van Cambridge wat die dooprok, ‘n replika van die een wat in 1841 vir Prinses Victoria gemaak is, gedra het.

Tania Heyns ·

Dagsê Nettie

Dankie vir jou kommentaar. Ons vra om verskoning vir die oorsig, die berig is reeds gewysig.

Groetnis
Tania nms Maroela Media

Vermeendes ·

Hoekom amuseer die britse koningshuis die SA media so vreeslik. Ons media is mos nie vars op die blanke se geskiedenis in SA nie.
Die konsentrasiekampe, boere oorlog en apartheid was alles die stok waarmee hulle ons gelooi het.
Hulle leed en welstand skeel SA niks en verdien ook nie al hierdie belangstelling nie.

ChristaT ·

Vermeendes, het die jong mense in daardie era geleef? Nee, ‘n mens lewe in die hede nie in die verlede nie. Jy kan hulle nie blameer vir wat in die verlede gebeur het nie, hulle het nie daardie besluite geneem nie en hulle was ook nie gebore nie. Ek verstaan jou sentiment en ek stem saam dat dit onder die mat ingevee is.

Nel ·

Stem saam, stylvol en pragtig, maar dis ook maar net vir die openbare oog se onthalwe. Hulle lyk in hulle privaat hoedanigheid nes Jan Rap en sy maat op ‘n Saterdagoggend in een of ander Mall.

Moderne ma ·

Ek is jonk, modern en “with it” maar wil die horriepiep kry oor klein dogtertjies wat soos replikas van popsterre aantrek. Kate en William se dogtertjie lyk soos n “girly girl” en ek is bly hulle laat hulle nie deur sogenaamde modegiere beïnvloed nie. Lank lewe rokkies en bobby socks!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.