Prins Philip, koningin Elizabeth II se man van 72 jaar, vier Woensdag sy 99ste verjaarsdag.
Philip, die hertog van Edinburgh, het privaat sy verjaarsdag gevier en geen openbare byeenkomste is beplan nie. Die koningin en Philip het, as ʼn voorsorgmaatreël teen Covid-19, in April reeds Londen verlaat en by Windsor-kasteel ingetrek.
Hul oudste seun, prins Charles, die troonopvolger, het sy pa deur die Clarence House-Twitterrekening gelukgewens met sy verjaarsdag, net soos kleinseun prins William en sy vrou Kate, die hertogin van Cambridge.
Buckingham-paleis het ʼn nuwe foto van Philip en die koningin vrygestel wat verlede week by Windsor-kasteel geneem is. Die egpaar het vier kinders, agt kleinkinders en agt agterkleinkinders.
Wishing The Duke of Edinburgh a very happy 99th birthday! ???? pic.twitter.com/JDTwANrxra
— Clarence House (@ClarenceHouse) June 10, 2020
Wishing a very happy 99th Birthday to His Royal Highness The Duke of Edinburgh! pic.twitter.com/LGrRPjezkS
— The Duke and Duchess of Cambridge (@KensingtonRoyal) June 10, 2020
????????Wishing The Duke of Edinburgh a very happy birthday!
His Royal Highness turns 99 today and will spend the day with The Queen at Windsor. pic.twitter.com/636XWtBAqy
— The Royal Family (@RoyalFamily) June 10, 2020