Prinses Diana se broerskind verloof aan SA’ner

Amelia Spencer en Greg Mallett is verloof (Foto: Instagram)

Prinses Diana se broerskind Amelia Spencer (28) het onlangs verloof geraak aan haar jare lange kêrel, Greg Mallett (30).

Mallett het op Instagram bevestig dat hy verlede Woensdag die jawoord gevra het by die Clouds-wynlandgoed buite Stellenbosch, met foto’s van hom en Spencer met ʼn ring aan haar vinger.

“So, dít was die beste dag van my lewe. Op 22 Julie 2020 het ek die liefde van my lewe gevra om die res van haar lewe saam met my deur te bring, en sy het ja gesê. Ek kan nie gelukkiger wees nie en ek is lief vir jou met my hele hart,” het hy aan Spencer geskryf.

Spencer het op haar Instagram geskryf dat sy nie kan wag om vir ewig saam met Mallett te wees nie. “Ek kon nie meer lief wees vir jou nie,” skryf sy.

Amelia Spencer en Greg Mallett is verloof (Foto: Instagram)

Volgens Tatler het Spencer en Mallett mekaar ontmoet toe hulle saam aan die Universiteit van Kaapstad studeer het, nadat Spencer in Kaapstad grootgeword het.

Kitty Spencer (29), Amelia se ouer suster, het ook vroeër vanjaar verloof geraak aan die Suid-Afrikaanse multimiljoenêr Michael Lewis (61). Sy het op Instagram laat hoor dat sy opgewonde is oor haar aanstaande swaer.

  • Hierdie berig is gewysig sedert die plasing daarvan. – Red.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Tino ·

Hierdie opskrif gaan haal darem die bobbejaan ver agter die berg. Wie gee om?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.