R45 miljoen-huis vir Meghan en Harry voor baba se koms

Prins Harry en Meghan (Foto: AP/Frank Augstein)

Voor prins Harry (33) en Meghan (37) hul eersteling in die lewe verwelkom, trek hulle by Frogmore Cottage, ʼn gerestoureerde plaashuis in Cotswold Hills in Windsor, Engeland, in.

Die hertog en hertogin van Sussex, wat in Mei verlede jaar getrou het, het in November aangekondig dat hulle Kensington-paleis sal verlaat. Dít het tot berigte gelei dat daar onenigheid tussen Catherine en Meghan is, maar die paleis het dié aantygings ten sterkste ontken.

Meghan Markle (Foto: Insagram via Kensington Royal)

Harry en Meghan se nuwe tuiste is volgens E! News meer as $3 miljoen (sowat R45 miljoen) werd, het vier slaapkamers en ʼn aparte kothuis vir hul personeel, ʼn babakamer en genoeg plek vir ʼn inbly-babaoppasser. Dié kothuis was ʼn geskenk aan die egpaar van koningin Elizabeth af.

Hello! het ook berig dat dié tuiste spesifiek spesiaal is vir die paartjie, nie net omdat dit die huis is waarin hulle hul eerste kind gaan grootmaak nie, maar ook omdat dit uitkyk op Frogmore House, waar die onthaal vir hul troue plaasgevind het.

Die koninklikes het in Oktober aangekondig dat Meghan swanger is en dat hulle die pienkvoet se koms in die Britse lente verwag. Daar word algemeen bespiegel dat die baba in April sy/haar opwagting sal maak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Hazeldean ·

Freeloaders wat gelukkig die Britse belastingbetalers se probleem is….

lindie ·

die vraag op baie se lippe …………
is sy werklik swanger?

SoosDitIs ·

Oh my griet, jy het nou al my aandag….! Hoekom sal jy so iets se :)

Abe ·

lindie,
Mens wonder hoekom iemand sal twyfel of sy werklik swanger is. Waarom sal die koningshuis amptelik aankondig dat sy swanger is, as sy nie is nie? As dit so is dat sy nie swanger is nie, hoekom op aarde sou sy, en die betrokke artse, wil voorgee dat sy is?

Abe ·

lindie,
Lyk my die nuus dat die hertogin swanger is, was vir sommiges nie lekker genoeg vir ‘n skinderstorie nie en toe las hulle maar die stukkie fopnuus by dat sy nie regtig swanger is nie, net om bietjie geur aan die storie te gee.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.