Voor prins Harry (33) en Meghan (37) hul eersteling in die lewe verwelkom, trek hulle by Frogmore Cottage, ʼn gerestoureerde plaashuis in Cotswold Hills in Windsor, Engeland, in.
Die hertog en hertogin van Sussex, wat in Mei verlede jaar getrou het, het in November aangekondig dat hulle Kensington-paleis sal verlaat. Dít het tot berigte gelei dat daar onenigheid tussen Catherine en Meghan is, maar die paleis het dié aantygings ten sterkste ontken.
Harry en Meghan se nuwe tuiste is volgens E! News meer as $3 miljoen (sowat R45 miljoen) werd, het vier slaapkamers en ʼn aparte kothuis vir hul personeel, ʼn babakamer en genoeg plek vir ʼn inbly-babaoppasser. Dié kothuis was ʼn geskenk aan die egpaar van koningin Elizabeth af.
Hello! het ook berig dat dié tuiste spesifiek spesiaal is vir die paartjie, nie net omdat dit die huis is waarin hulle hul eerste kind gaan grootmaak nie, maar ook omdat dit uitkyk op Frogmore House, waar die onthaal vir hul troue plaasgevind het.
Die koninklikes het in Oktober aangekondig dat Meghan swanger is en dat hulle die pienkvoet se koms in die Britse lente verwag. Daar word algemeen bespiegel dat die baba in April sy/haar opwagting sal maak.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
7 Kommentare
Freeloaders wat gelukkig die Britse belastingbetalers se probleem is….
die vraag op baie se lippe …………
is sy werklik swanger?
“pienkvoet” nogal..