Radio-omproeper, TV-man tuis ná 50 ‘pynlike’ dae in hospitaal

Jeremy Mansfield (Foto: Facebook)

Die veteraan-radio-omroeper en televisiepersoonlikheid Jeremy Mansfield is weer tuis nadat hy verlede jaar ʼn superkiem opgedoen het waarvoor hy meer as 50 dae in die Sunninghill-hospitaal in Johannesburg behandel is.

Tracy Purto, Mansfield se reklameagent, het Donderdag aan Maroela Media gesê hy is “in die wolke” om weer tuis by sy gesin te wees, maar ʼn lang herstelpad staar hom nog in die gesig.

Die radio-omroeper het in November verlede jaar ʼn streptokok-infeksie opgedoen wat onder meer veroorsaak het dat inflammasie en ʼn kwaadaardige abses in sy rugstring ontwikkel het.

Volgens Purto het Mansfield ʼn seldsame vorm van die virus opgedoen. Mediese personeel het volgens haar ook lank gespook om hom met die virus te diagnoseer omdat die infeksie nie onmiddellik in die bloed sigbaar is nie.

“ʼn Span spesialiste het besluit om hom in die hospitaal te hou sodat hulle hom doeltreffend kan behandel. Jeremy het gedurende dié behandeling verskeie terugslae gehad en moes daartydens ook twee operasies ondergaan om die abses en ʼn groeisel op sy ruggraat te verwyder,” sê sy.

Hoewel Mansfield by sy vrou, Jacqui, by hul huis kon aansluit, moet hy nog deurentyd deur dokters gemonitor word.

“Daar is nog onstabiliteit in sy ruggraat waar die dokters geopereer het wat veroorsaak dat hy pyn het weens senuwees wat in die ruggraat beïnvloed word. Hy sal vir die volgende paar maande ʼn rugstut moet dra en ook gereeld fisioterapie ontvang. Hy is egter nou op die herstelpad,” sê Purto.

Mansfield, veral bekend as die veelbekroonde voormalige omroeper op 94.7 Highveld Stereo en die aanbieder van A word or 2, het sy 50 dae in die hospitaal as “pynlik” bestempel.

“Ek is pas ingelig dat ek ná 50 dae in die hospitaal ontslaan word,” het hy vroeër op Facebook gesê. “Ek kan nie wag om huis toe te gaan en te herstel van dié lang, soms vervelige, meestal pynlike en soms angswekkende twee maande in die hospitaal nie. Dankie aan al die dokters en personeel van die ‘Stunninghill-hospitaal’ – aan al die gebede en dié wat vir my gebid het en veral aan Jacqui wat alles moes hanteer terwyl ek in die hospitaal was.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

My-opinie ·

Ek ht ook di 19 Okt. 2017 hospitaal toe gegaan vir ‘n aambei operasie, dr ht vir my gesê 2 dae dn is ek by huis. Ek ht eers 28 Desember uit hospitaal gekom, een nag 02h00 in ogg in icu ingegaan en 6 weke daar gewees, na verskeie operasies en virusse opgedoen op een plek abses opgedoen 6 operasies later mt stoma en nu moet ek chemo en á2bestraling. Ek hoop almal wt hierdie verhale hoor leer iets daaruit, die tegnologie en dokters ht so verbeter, maar alles hang vn God af. Amen

Renier ·

Onakurate inligting. Daar is ‘n verskil tussen virusse en bakterieë. Virusse word nie met antibiotika behandel nie. Streptococcus is ‘n bakterie. Korrekte inligting is noodsaaklik om weerstandigheid te voorkom.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.