Radio Raps en sy vrou se paaie skei

Kaylee en Rikus de Beer op hul troudag in November 2017. (Foto: Jolandi Nel/Pixel Pro Photography)

Kaylee en Rikus de Beer op hul troudag in November 2017. (Foto: Jolandi Nel/Pixel Pro Photography)

Die komediant en televisiepersoonlikheid Rikus de Beer, beter bekend as Jonathan van Radio Raps, en sy vrou, Kaylee de Beer, se paaie gaan skei.

Zinta Kymdell, De Beer se bestuurder, het dié nuus aan Maroela Media bevestig. “Rikus en sy vrou, Kaylee, wat ʼn jaar en ʼn half getroud was, het besluit om te skei. Na ʼn lang, maar stil skeiding is die egskeidingsdokumente ingedien.”

Volgens Kymdell is Rikus en Kaylee se naaste familie en vriende bewus van die egskeiding en dat dit glad verloop. “Rikus en Kaylee gee steeds om vir mekaar en die skeiding is uiteraard ʼn sensitiewe en emosionele tyd vir hulle,” sê Kymdell.

“Hulle wens is om die nuwe seisoen in hul lewe privaat te hanteer. Dit is ʼn uiters persoonlike en private aangeleentheid en geen verdere kommentaar oor die egskeiding sal gelewer word nie. Ons vertrou dat die media en publiek dit sal respekteer,” voeg sy by.

Die twee is op 25 November 2017 by die Harmonie Proteas-plaas naby Rayton getroud.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Stier ·

Om ‘n huwelik te laat werk is nie ‘n grap nie. Voorspoed aan albei.

piperno ·

wel – Jonathan maak grappe vir ‘n lewe… se maar net.

Sterkte van n groot aanhanger ·

Baie sterkye Rikus, ons dink aan jou.

MS ·

Baie van die “ou mense” se dat vandag se mense “skei te vinnig, wil nie aan probleme werk nie”. Maar laat ek vir julle se, dis soms moeiliker om deur n egskeiding te gaan as om vas te byt en aan n probleem te werk. Egskeiding is nie grappies nie. Niemand WIL skei nie. Dis nie iets wat mense doen vir die lekker daarvan nie. Soos my dominee altyd se: Net omdat julle in die kerk getrou het beteken nie daai huwelik is van die Here af nie. So seer soos n egskeiding is, is dit soms beter om oor te begin terwyl jy nog jonk is as om 30 jaar later nog sieksongelukkig te wees en te wens jy het daaaaaai tyd al jou goed gevat en getrek. Dankie tog hier is nie kinders betrokke nie.

Beste besluit ooit ·

Jou woorde is so waar MS… vir 4 jaar was ek so siels ongelukig en nie geweet hoe ek uit my huweluk gaan uit kom nie. Net eendag besluit ek my geluk is ook werd om voor te baklei. Met die Here se genade is ek vandag geskei en was nog nooit gelukkiger nie! nie een van ons was slegte mense nie maar as man en vrou het ons net nie gewerk nie. ons is vandag beter vriende as ooit!
So om in n huweluk te bly is nie altyd n uitweg nie

Anoniem ·

Rikus is ‘n oulike ou, maar ek moet erken; ek wat self baie liberaal is, kan net sowat ‘n half-uur van sy banale taal verduur dan moet ek eers asem skep. ‘n Knoop af-en-toe kan werk, maar genade, die man vat dit te ver. Ek kan verstaan dat sy vrou so gou “genoeg” gehad het van daardie tipe leefstyl.

Rosemarie Keyser ·

Ek stem saam – Ek is mal oor n goeie skerp sin vir humor maar dit wat hy doen raak rerig al hoe meer onsmaaklik ! Sommige mense se voertaal is besaai met vloek woorde! Haal die vloek woorde uit en daar bly kwalik meer woorde oor behalwe voeg woorde!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.