Radio Raps steeds kritiek, maar stabiel

Rikus de Beer, oftewel Jonathan van Radio Raps (Foto: Verskaf)

Die Afrikaanse akteur en komediant Rikus de Beer, beter bekend as Jonathan van Radio Raps, het positief gereageer op die behandeling wat hy Donderdag in ʼn Pretoriase hospitaal ontvang het.

Zinta Kymdell, De Beer se agent, het Vrydag gesê die komediant het goed gereageer op die dialise wat hy vir sy niere en lewer ontvang het.

Maroela Media het vroeër berig De Beer is op 27 Mei in die hospitaal opgeneem ná afloop van sy optrede by Silverstar Casino naby Krugersdorp.

Hy het teen daardie tyd reeds behandeling ontvang vir komplikasies aan sy buik, maar het gevoel die optrede in Krugersdorp kan nie gekanselleer word nie as gevolg van die kort kennisgewing. Hy het toe daarin geslaag om die optrede met ʼn binneaarse drup te doen. Hy het daarna op 29 Mei ʼn operasie aan sy buik ondergaan en ʼn tweede operasie was vir die volgende dag geskeduleer, maar die dokter het dié operasie uitgestel weens sy toestand wat verswak het.

Die komediant is Maandagmiddag na die hoësorgeenheid oorgeplaas.

“Dit is met ’n ongelooflike dankbare hart om vanoggend te hoor dat Rikus goed gereageer het op die dialise wat hy ontvang het vir sy niere en lewer. Hulle het hom nou van die dialise af. Sy organe is besig om weer normaal te funksioneer en sy hart lyk ook baie goed. Hy is steeds in hoësorg en sal eers oor ʼn paar dae na ʼn ander saal geskuif word,” sê Kymdell.

Hoewel dokters wou opereer om sy galblaas te verwyder, het hulle intussen gesê die risiko is te groot.

“Die dokters sal later weer daarna kyk wanneer hy volkome herstel en gesond is.

“Ons wil net aan almal wat aan hom gedink het, vir hom gebid het en lig en liefde gestuur het, uit die diepte van ons hart bedank. Baie dankie vir julle onbaatsugtige ondersteuning.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Suzette ·

Baie bly on God is groot en Hy kyk na sy kinders. Word gou gesond.

Harambe ·

Ek het respek vir iemand wat in so ‘n toestand voel om aan te gaan met werk.

Pieter ·

LaasteLag, ek weet nie wat jy probeer sê nie, maar jou opmerking is in hierdie geval in swak smaak en totaal onvanpas! Hier is “spot” nie ter sake nie… Sterkte en spoedige beterskap, Rikus!

Disjammer ·

Ten spyte van die geit dat hy so siek is, rol die vloekwoorde nog steeds oor sy lippe! Dis jammer…

Sonet ·

Die man her my al laat lag dat die trane loop. Rikus….I salute u. As suurgatte jou wil uithaal omdat jy ons mense bietjie laat lag in n land waar daar maar min rede is om te lag is dit hulle probleem. Sterkte

Heindrigh ·

Mag die Here jou deurdie tyd Help Sodat jy N Amazing Getuie kan lewer All Of the best..Strongs

Ek ·

Ek sal dit so waardeer as julle kan bekend maak in watter hospitaal die probleem hanteer is. Waar hy behandel is ? Asseblief – my rede:- daar duik sovele komplikasies op na operasies, en ekself is Februarie deur ‘n operasie wat komplikasies opgelewer het. Maak asb die hospitaal se naam vir ons bekend. Baie dankie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.