Rasperstemsanger, vrou binnekort baba ryker

Shamodene en Juan Boucher. (Foto: Kreativ)

Die rasperstemsanger Juan Boucher en sy vrou, Shamodene, word binnekort ʼn pienkvoet ryker.

Shamodene het dié nuus vroeër vandeesweek op sosiale media gedeel deur ʼn skattige sonarvideo op Facebook en Instagram te plaas.

“So geseënd. Baba Boucher kom 11 Feb 2022 [sic],” het Shamodene by die video op Instagram geskryf.

“Ons kan nie wag om jou te ontmoet nie! Ons lief jou klaar so baie!”

Juan (37) en Shamodene (25) het mekaar in Januarie verlede jaar ontmoet en in Desember verloof geraak. Hulle is op 24 Maart vanjaar in die Bosveld op Modimolle (Nylstroom) getroud.

Die paartjie het by die Kuthaba Bush Lodge trou aan mekaar beloof. Toe hulle gevra is wat hulle beloftes aan mekaar was op hulle spesiale dag, het Juan geantwoord: “Vandag trou ek met jou vir altyd, jy is my fondasie en waarna my hart strewe.”

Shamodene het op haar beurt gesê: “My man, ek sal jou vir altyd lief hê en jy bestaan in my net soos jy bestaan in my toekoms.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.