Soorte resepte:

Resep: Carike Keuzenkamp se appelnagereg

Carike-Keuzenkamp-se-appelnagereg

Carike Keuzenkamp se eenvoudige appelnagereg. Foto: Vrouekeur Sterkos/Lapa Uitgewers.

Lewer 6 porsies.

Bestanddele:

  • 385 g (1 blik) tertappels
  • 30 ml (2 e) heuning
  • 100 g (1 pakkie) okkerneute, gekap
  • 1 ml fyn naeltjies
  • 2,5 ml (½ t) fyn kaneel
  • 250 ml (1 k) koekmeel
  • 187 ml (¾ k) strooisuiker
  • Knypie sout
  • 75 ml (5 e) sagte botter

Metode:

  1. Stel die oond op 180 °C.
  2. Skep appels in gesmeerde oondbak met deursnee van 20 cm of in individuele pannetjies.
  3. Skep heuning oor appels en sprinkel okkerneute, naeltjies en kaneel oor.
  4. Sif meel in mengbak. Roer strooisuiker en sout by.
  5. Vryf botter by meelmengsel in totdat dit soos krummels lyk. Sprinkel bo-oor appels in oondbak en druk liggies bo-op vas.
  6. Bak vir 35 tot 40 minute tot ligbruin bo-op.
  7. Sit saam met roomys, vla of room voor.

Wenk:

Carike is deesdae baie bewus van die belangrikheid van gesonde gaarmaakmetodes. Sy braai haar uie, vleis en hoender in lemoen- of appelsap. “Glo my, dit werk en ‘n mens kry ook nie meer sooibrand nie,” sê Carike.

Bron:

Hierdie resep is oorspronklik in die resepteboek, Vrouekeur Sterkos – Kook saam met die sterre, gepubliseer, wat deur Marlo Kitshoff-Carstens saamgestel is. Vrouekeur Sterkos is by toonaangewende handelaar asook direk by Lapa Uitgewers beskikbaar. Besoek www.lapa.co.za vir meer inligting oor die resepteboek.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.