Reynardt Hugo ’n pienkvoet ryker

Reynardt Hugo en sy vrou, An-Mare, saam met hul nuwe pienkvoet. (Foto: Reynardt Hugo/Instagram)

Aanhangers ken hom dalk as die ernstige dr. Tertius Jonker in die gewilde kykNET-sepie Binnelanders, maar Reynardt Hugo spog nou met ’n splinternuwe titel.

Hugo en sy vrou, An-Mare, het onlangs hul pienkvoet verwelkom.

Die ouerpaar het die nuus van hul eersteling se geboorte op Instagram gedeel.

In die foto sit Hugo met ’n groot glimlag langs sy vrou terwyl klein Lenn Hugo rustig in sy arms lê en slaap.

Hugo, wat ook woeker met ʼn suksesvolle sangloopbaan en onlangs sy eerste boek getiteld Soldaat deur Lux Verbi uitgegee het, en An-Mare is April verlede jaar in Plettenbergbaai in die Tuinroete getroud.

Bekendes soos Irene-Louise van Wyk, Cindy Swanepoel, Kate Roothman en Maude Sandham het die ouerpaar met hul nuwe bondeltjie gelukgewens.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Hendrik ·

Baie geluk en ek moet erken dat ek het nie ‘n idee gehad wie dit was nie. Seker omdat ons nie12 jaar gelede laas ‘n TV gehad het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.