Rian van Heerden gaan die leisels oorgee

Rian van Heerden (Foto: Facebook via Rian van Heerden)

Rian van Heerden (Foto: Facebook via Rian van Heerden)

Die radio-omroeper Rian van Heerden het Dinsdagoggend in ʼn verklaring bevestig dat hy Jacaranda FM einde vanjaar as die aanbieder van die Complimentary Breakfast-program verlaat.

Van Heerden het in die verklaring by voorbaat verskoning gemaak vir sy laaste jaar as aanbieder van dié program, omdat hy glo alles wat hy ooit as aanbieder wou doen, nou gaan doen.

Die aanbieder is bekend vir sy omstrede opmerkings en debatte.

“Radio gaan oor ʼn diep konneksie met ander en ek het nog altyd die platform op Jacaranda gebruik om die mees betekenisvolle inhoud te skep,” het hy gesê.

“In die maande wat kom gaan ek onder meer uitsaai van eksotiese plekke en ʼn werklike “complimentary breakfast” vir mense in die verkeer voorsien.”

Jacaranda FM se algehele bestuurder, Kevin Fine, sê Van Heerden gaan ʼn leemte vir die stasie agterlaat.

“Rian het ʼn ongelooflike talent en is iemand wat ʼn storie kan vertel sodat mense allerhande soorte emosie voel. Ons luisteraars is in vir ʼn ding – dit gaan beslis die lekkerste luisterervaring wees,” het hy laat hoor.

Die stasie het nog nie ʼn plaasvervanger vir Van Heerden aangekondig nie.

Lees die volledige persverklaring.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

83 Kommentare

Wilsie ·

Jipee! Ek stem saam. Nou kan ek ook weer na Jakaranda luister.

Talita Kriel ·

Die Mense wat se Dankie Tog is Siek Dis vir my n Plesier om die oggend die Radio aan tesit Dit maak my dag

Alta ·

Uiteindelik. Nou kan ek ook weer Jakaranda luister sonder om my siel te versondig.

Elize ·

Dit is ‘n verlies, nou sal ek weer ophou Jacaranda luister. Sterkte met jou pad vorentoe Rian.

AJ ·

Wonderlik. Hoop hul kry iemand wat ook ander mense se sienings in ag neem en meer objektief na mense kan luister. Ek sal dan weer kan inskakel.

Rina ·

Luister al lankal nie meer Jakaranda nie. Verkies meer Christelike uitsaai wat geestelik opbouend is. Geniet Radio Pretoria se geselsies en musiek.

Dewald ·

Nou moet Barney Simon net ook groet. Dit is oor hierdie 2 omroepers dat ek al vir meer as 3 jaar nie meer na Jacaranda luister nie.

John ·

Ek stem volkome oor Barney Simon! Ek was mal oor Rian se show, enigste wat my in die afgelope paar maande van hom begin irriteer het, is die konstante Politieke kant. Jimil hy kerm elke oggend oor die een of ander Politiese ding of oor Zuma of Julias. Nie almal van ons wil politiek luister nie. As dit dan nou moet, gee jou program ‘n 15 minute tydgleuf vir politiek! Kla en kry dit oor en verby.

Louise ·

Dankie tog. Hy kan by Martin (wat jonger as hy is) leer om objektief te wees en ander mense hul opinies gun…

Gaan jou goed, Riaan.

net ek ·

oh please! Martin kan nie aanbied om sy lewe te red nie, en sing nog minder

D ·

Lekkerste ervaring gaan wees om nooit weer na hom te luister nie.

Riana ·

Dit is n groot verlies. Kan nie dink moet Jakaranda in die oggende nog luister nie.

Nee Riaan hkm wil jy nou weg gaan. Nou sal ek net in die middag luister met Martin Bester.

Dit sal nooit weer dieselfde wees sonder jou daar nie. Ons kom al n lang pad saam van Bloemfontein se dae af en nou wil jy dit doen. Ek en Mal Jan se ma hulle is groot vriende in Bethlehem gewees. Nou wil jy dit aan ons doen.
Maar als wat mooi is jou maar gaan jou mis.

Leon ·

Dis altyd goed om mense te sien……party as hulle kom…..party as hulle gaan!

Sarel Strydom ·

Rian van Heerden is een van die mense wat soos die Engelse dit noem” Either you love him or you hate him”. Ek dink egter nie dit is nodig dat ons mekaar moet beledig en seermaak nie. Rian moet egter ook onthou daar was een keer ‘n man met sulke klein brilletjies. Eendag dit net te ver gevat en waar is hy nou?

barend ·

totsiens Riaan ,baie dankie vir jou werk en mag jy net sukses voortoe beleef ,ek het nooit na jou geluister nie ,ook nie na jou tv program gekyk nie .ek luister radio Pretoria dus ken ek jou glad nie maar wat ek kan aflui van die ander kommetaar is dat nie baie mense van jou gehou nie

Poplap ·

Die Daryn Scott wat pad moes gee omdat hy rasisties was? Yes sure that’s going to happen

Melt Olckers ·

Daar is drie persone wat glad nie op radio of tv hoort nie, en ook nie naby ‘n woordverwerker toeglaat moet word nie. Hulle is Rian Van Heerden, Deon Maas en Piet Croucamp.

Anna ·

Gaan luister bietjie vir een dag na Bosveld Stereo op 107.50 en jy sal nooit weer na ander stasie wil luister nie.

Maggie van Zyl ·

Ek LOVE Bosveld Stereo !! Hulle praat min, en speel Heeldag die mooiste musiek, en dan om middernag sluit hulle die dag af met Skriflesing en Gebed. Fantastiese stasie. Selfs beter as Groot FM. Soms borrel daar net ‘n aanhoudende stroom woorde oor die aanbieders van Groot FM se lippe, so, dat ek later maar net oorskakel, terug na Bosveld Stereo toe.

Lucas ·

Gelukkik is daar Pretoria FM en Bosveld Stereo. Wonderlike stasies!!!

Arno ·

Kan hy nie al vroeër waai nie??? Toemaar, Kersfees is ook al om die draai!

Ampie ·

Die probleem met Jacaranda in die algemeen is dat hulle probeer om, soos die res van die Afrikaanse hoofstroom media, weg te beweeg van hul tradisionele luisteraars/lesers/kykers. Van Heerden is ongeskik en arrogant. Hy verdra nie alternatiewe menings nie of kraak dit af. Die stasie in die algemeen probeer meer “transformeer” en in die proses word erg irriterende siele aangestel wat nie die waardes van die luisteraars deel nie of nie Afrikaans kan of wil praat nie. Aangesien dit seker egter hul oogmerk is, en daar darem alteratiewe keuses is (soos Pretoria, Bosveld of Groot FM), sal hul maar mettertyd hul luisteraars verloor en dan heeltemal “getransformeerd” wees soos die SABC se sirkus tans. My raad is: luister in elk geval na iets anders.

net ek ·

Jammer Jacaranda.. maar as Rian gaan, gaan ek saam.
Vir die wat so bek vol te sê het oor hom, hy het duidelik sy werk goed gedoen, anders waaroor sou julle so kerm!

Stella ·

Stem saam met net ek. Ek is mal oor Riaan. Dis ‘n jammerte dat hy die stasie gaan verlaat. Hoop die nuwe aanbieder sal sy skoene kan volstaan. Ek luister gladnie na 94.7 nie. Sal maar kyk of ek Bosveld Stereo kan opvang. Groot verlies vir Jacaranda.

Sallie ·

As jou bek groot is gaan jou sterre slae kry. Rian dit het te lank gevat voordat jy plek gemaak het vir iemand met minder opruiende uitsprake. Jammer dat iemand soos jy ‘n wonderlike talent opmors.

Moeksie ·

Sjoe Riaan. Gaan jou mis. Partykeer so lekker vir jou gelag in die oggende oppad werk toe.
Sterkte met jou loopbaan vorentoe. Moenie jou steur aan die mense wat jou so af kraak nie – hulle is net jaloers op jou. Jy het ‘n wonderlike talent ontvang. Goed gaan

Esmay ·

Moeksie ek stem saam. Hy het my net so laat lag. Gaan hom baie mis.

Martie ·

Ek wonder waar kruip al hierdie negatiewe mense uit!!!
Rian is n briljante omroeper wat nie doekies omdraai nie, sy opinie lug (dit is ons almal se reg), Hy het n wonderlike empatieke hart vir mense in nood, en praat nie net daaroor nie, maar doen ook iets daaraan. EN hy is suksesvol daarmee!!!! Hoeveel van julle kermkouse kan daarvan getuig????!!!!
Ek, vir wat dit werd is, is BAIE trots op jou en gaan jou GEWELDIG mis. Ontbytsake sonder jou, sal nooit dieselfde wees nie

Vlinder ·

Ag dankie tog!!!! Luister gladnie meer Jackaranda nie, a.g.v. Rian.

Magda ·

Dankie tog dan sal ek ook weer dalk na Jakaranda luister!!!

Sarie ·

Geen verlies vir Jakaranda nie – Nou sal mense weer kan luister vir mense wat REGTIG trots is van waar hulle kom en nie afbrekend is op ander mense nie. Ek dink sy ma ouers het elke keer seer gekry as hy gespot het oor waar hy vandaan kom. Dit was te danke aan hulle dat hy is waar hy is. Dalk leer hy nou wat waardes is en hoe om werklik met mense te kommunikeer en dat gevoelens wel saak maak.

Maryna ·

Almal wat Rian so sleg maak… Ek hoop julle kante is 100% skoon. Ja hy het foute gemaak maar dit is nie ons wat hom moet oordeel nie. Wel ek het Rian so geniet in die oggende. Ek kan nie in die oggende wag om vir hom te kan lag nie. Hy het geweet hoe om jou slegte dag te verander in iets wat jy nooit gedink het kan gebeur nie. Wel Jacaranda ek gaan julle ook nie meer luister as hy klaar maak nie. Mag jou toekoms nog blinker word.

Skoon ·

Meeste van ons se kant is skoon want ons gebruik nie n groot radiostasie om christenskap te vernietig en n nasie te probeer verkleineer nie.

Theresa ·

Wou se ek is bly…….maar maak nie regtig saak nie. Luister al laaankal nie meer na die boom stasie nie. Hulle het my lankal verloor. Baie beter omroepers daar buite. Selfs 702 (ja dis Engels) is beter. Jacaranda moet maar mooi besin oor die volgende aanbieder, ek weet van baie Afrikaanse luisteraars wat hulle verloor het…..of miskien wou hulle?? Wie weet??

Anoniem ·

Jy wat Rian so afkraak en nie van hom hou nie…onthou daar is mense wat ook nie van jou hou nie!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

Alwyn Schlebusch ·

Mag die blikslatter tog net nie weer teruk kom OFM toe nie!

Verlies vir new age ·

Groot verlies vir die new age beweging wat Christenskap wil vernietig en Afrikaners wil verkleineer.

Vaderlandloos ·

Soms gebeur daar darem iets goed in die samelewing. Miskien kan mens dalk nou weer na Jakkaranda luister.

Willem ·

Luister glad nie 94.2
Grootfm 90.5 en Bosveld fm 107.5 is die beste.

marianne ·

Ek gaan hom vreeslik mis. Ek dink hy was dalk net te intilligent vir sommige verkramptes

Grap ·

Oulike grappies Ja maar as jy regtig intelligent was sou jy deur hom en sy agenda sien.

Martie ·

Stem saam. Jammer almal is nie ewe intelligent nie. As gevolg daarvan sal ons julle verskoon…
Stem ook saam dat Rian soms uitlatings gemaak het wat teen my grein is, MAAR ek is ook volwasse genoeg om my eie oortuigings nie daardeur te laat beinvloed nie.

Skuus, wonder maar net waar al die mense wat NIE Jacaranda luister nie so gou gehoor het Riaan gaan weg??????

cynthia ·

Luister jare nie meer Jakaranda nie, spesifiek oor Rian se perspektief oor seker onderwerpe….

Johanna Botha ·

Rian maak dit interresant want hy kan praat en bly by standpunt …nou gaan ons n natgereende hoender kry …Dankie Rian ek volg jou my skat

Dan ·

Geen verlies hoegenaamd nie! Hoop hy beperk sy toekomstige planne tot persoonlike gesprekke met kopdoek-aia Piet Croukamp sodat ons vir ewig sy onsin gespaar kan bly.

SoosEkDitSien ·

Rian, dis seker goeie nuus vir baie mense. Jou mond was te groot en jou gees te oppervlakkig, om enige kontak by jou vind, en dit was lank voor jy die bom laat bars het. Jy kan maar voor Desember ook gaan as jy wil of Kersfees volgende jaar want een ding weet ek dat waar jy ookal gaan sal daar altyd mense wees wat jou arrogante menswees sal moet verduur.

Lance ·

Rian jy is n groot sukses om sover te kom …luister graag na jou …weet jy steur jou nie aan suurdruiwe nie …jy is groter as dit …dankie vir al jou omgee en die goed wat jy gedoen het om mense te help

Paul ·

Jacaranda dupliseer Highfeld Stereo met die swakste moontlike musiek en irriterende program materiaal. Dankie Jacaranda en Riaan dat julle my vervreem het want, Pretoria Fm is ontdek en lankal my stasie! Jacaranda het net nog ‘n Township stasietjie geword wat ‘n miskruier is wat ‘n swaeltjie probeer wees. Kruie maar aan jou bolletjie krimp en sal in die hoop verdwyn.

Anoniem ·

Die enigste rede hoekom ek Jakaranda luister, is juis omdat Rian die aanbieder is. Sy sin vir humor is baie skerp, en ek het gewoonlik ñ glimlag op my gesig teen die tyd wat ek by die werk aankom. Dis jammer dat daar soveel verkrampte mense is wat nie die vermoë het om sy fyn humor en intelligensie te geniet en waardeer nie ( en sommige van die kan gerus maar leer spel ook! ) Jakaranda gaan nooit weer dieselfde wees nie!

Prof ·

Met alle respek jakaranda is gemik op die gepeupel, verseker nie die intellektuele klas nie, dit is per definisie n populere stasie, n populere program, vir die populus. Ek het niks teen die gepeupel nie maar moet jy nie nou met intelligensie probeer spog nie. Daar is baie mense wat regdeur jakaranda se strategie sien.

Annelize ·

Mense onthou Rian en Martin lees hierdie kommentaar en dit maak seer. Kan enige van julle wat hulle so slegmaak n beter aanbieder wees?. Die waarheid maak seer want Rian is net “reguit”. Ek gaan hom baia mis ek lag my partykeer siek oppad werk toe soggens. En Martin is great!!

Laurene ·

Julle ALMAL is BAIE vinnig om vinger te wys en negatiewe kommentaar te lewer, maar moan as Rian dit doen…..julle stel julle eie standpunte in betwyfeling. Dis voor die handliggend dat julle elkeen dan net so sleg en swak is soos die waarna julle vinger wys.
Elkeen het ‘n opinie en as jy nie daarvan hou nie, hou op om daarna te luister of Bly eerder net stil!!!!
Rian se beriep en inkomste is as radio omroeper….wat as almal juig in rep en roer oor jou posisie en wil nie he jy moet aangaan nie….dink bietjie daaraan.
Then again, as die skoen jou pas, trek hom aan en dra hom!!!!!

Elize ·

Dis jammer. Ek het hom as aanbieder baie geniet. Hy sê ‘n ding soos hy is. Baie mense hou nie van kritiek nie, wil mense in boksies plaas en hou nie daarvan as jy ‘n ander siening as hulle het nie.

Elize ·

Rian moet hom beslis nie steur aan wat hierdie klomp mense sê nie. Daar sal altyd die wees wat nie van hom hou nie, maar daar is gelukkig net soveel wat van hom hou. En vir die mense met die negatiewe kommentaar, het ek die vragie……hoe seker is jy mense hou van jou…

Ekke ·

Moet nie oor Rian worry nie, hy geniet die kommentaar, hy leef op kritiek.

Jammer hy gaan ·

Wil net by die mense hoor wat so kommentaar gee. Ek dink tog hulle luister maar wil dit nie erken. Hoekom al die kommentaar as hulle niks weet. Jacaranda sien my na Maart nie weer. Rian jy is tops en sterkte vorentoe.

Kenner ·

Briljante bemarkingstunt van jakaranda fm. Baie publiciteit en mense gaan nou in groot getalle luister na die beloofde opwinding vir die res van die jaar, en nog meer geleentheid gebied om die Afrikaner te verkleineer.

Prof ·

Briljante bemarkingsfoefie van Jakaranda, groot getalle luisteraars gaan nou met groot afwagting luister na die beloofde opwinding van die volgende 6 maande. Hulle het slimkoppe daar wat mooi dink hoe hulle die Afrikaner kan afbreek.

Vlekkie ·

Beste nuus! Hy het dit nooit verdien nie en ja nou nog net Barney ook.

Donovan ·

Ek sal nooit vergeet van daardie oggen toe daar n man beweer hy het die tokoloshi in sy huis gesien en fotos geneem nie, die volgende oggen het Rian die tokoloshi spesialis op die lig gehad… Jack Parrow… Ou Rian JY is n YSTER en het elke oggend die radiogolwe laat wag vir n skudding, jy het baie mense kwaad gemaak en baie mense n smile op hulle gesigte gesit… Daardie oggend toe jy beweer die EFF is die nuwe AWB het ek gedog daai is jou laaste dag op radio, maar ja daar is min mense wat sal waag wat jy gedoen het… Ek hoop jy sluit jou show af met Steve se “DIE STEM”

Anneri ·

Ek luister na Rian elke oggend en hy is sowaar fantasties! Sien uit na die jaar wat voorlê! Gaan hom verseker mis.

Fan nr 19 ·

Gaan hom mis maar hy het bietjie eentonig en te oud vir die rol begin raak, tyd vir nuwe idees.

Marlene Basson ·

Swart dag!! My dag het sy kleur verloor met die nuus!!! Gaan sy intelligensie en pittighede mis. Voorspoed Riaan, mag dit met jou goedgaan…jy maak ieder geval van ALLES ‘n sukses!! :-)

Marie Ooisthuizen ·

Jammer om te hoor jy gaan Jakaranda verlaat Riaan. Ek luister Jakaranda elke oggend vanaf 6uur soggens. Jy is n mens wat nie doekies omdraai nie, daarom het baie n beswaar teen jou. Voorspoed vorentoe, gaan jou mis.

Estelle ·

Jakaranda word ‘n engelse stasie en bespot Afrikaanse mense, daar is nie meer veel rede om jakaranda bo ander stasies te kies nie.

Elon ·

Rian, ek geniet jou asprisgeit. Onthou: To thine own self be true. Moet jou nie steur aan hierdie keyboard cowboys nie. Dis maar trailer trash jong.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.