Riana Nel verwelkom baba no. 4

Riana Nel en Cornel de Beer met klein Reinhart in die agtergrond. (Foto: Instagram/Riana Nel)

Die sangeres en liedjieskrywer Riana Nel het die naweek op sosiale media aangekondig dat haar vierde seuntjie gebore is.

Volgens Nel se plasing op Instagram heet die babaseuntjie Reinhart.

“Dankie, Jesus, vir U goedheid!” het sy by ʼn foto geskryf waar sy en haar man, Cornel de Beer, mekaar langs die pasgebore baba se bedjie soen.

Die egpaar het ook drie ouer seuns, Tristian, Sebastian en Estiaan.

Nel het in Februarie vanjaar aangekondig dat sy swanger is met haar vierde seuntjie. “Ek kan dit seker nie meer wegsteek nie. Ek het nog altyd gedroom van vier seuns. Dankbaar en geseënd,” het die geliefde gospelsangeres destyds op haar sosialemediaplatforms geskryf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.