Robbie Wessels trou in die geheim

Robbie Wessels en Lenice Labuschagne. (Foto: Facebook)

Robbie Wessels en Lenice Labuschagne. (Foto: Facebook)

Die gewilde Afrikaanse sanger en grapjas Robbie Wessels is byna sewe maande gelede in die geheim met sy jarelange vriendin, Lenice Labuschagne, getroud.

Wessels het dié geheim tydens ʼn onderhoud met Rian van Heerden op die Scenic Drive-program op JacarandaFM verklap nadat Van Heerden gevra het of vanjaar die jaar sal wees waarin Wessels die jawoord sal vra.

Wessels het vertel dat hy en Labuschagne in Julie verlede jaar in die KwaZulu‑Natalse Middelande getroud is.

“Ek het gewag vir die regte oomblik om die aap uit die mou te laat, want ek het gesê ek gaan wag omdat ek dit onder die radar gedoen het, maar toe jy nou vir my vra, het ek gevoel ek moet sê,” het Wessels gesê.

“ʼn Man kan nie altyd sê jy is nié getroud as jy wel getroud is nie,” het hy bygevoeg en gesê hy wou graag sy troudag met Labuschagne, wat van Rysmierbult in die Noordwes afkomstig is, privaat hou.

“Laat iemand nou nie daar met ʼn lang lens van vier km af sit en ʼn close up neem nie,” het hy geskerts.

Wessels se jongste album, ʼn Mond vol Stories, is onlangs uitgereik.

'n Foto wat Lenice van haar en Robbie op Facebook geplaas het. (Foto: Facebook)

‘n Foto wat Lenice van haar en Robbie op Facebook geplaas het. (Foto: Facebook)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Hallelujah ·

Baie geluk Robbie en Lenice- en dis ‘n goeie storie op ‘n dag soos vandag. Baie geluk – God moet julle ryklik seen.

Annaline de Wet ·

baie geluk..wens julle gesonde jare met vele vrede en vreugdes

Gesiggie ·

Hi nee Robbie…. 7 maande gelede?? en hoor nou eers, hoekom so lank geheim gehou?? Baie geluk… hoop jy het vir haar die Leeu loop gedoen”” mag jul n baie gelukkige lewe saam geniet….

Koos ·

Puik Robbie. Jy gebruik nie jou huwelik on geld te maak nie. Baie ander bekendes kan maar lesse kom neem!!!!

J ·

Ja nee n sekere broer en suster wat enige iets sal doen om in die nuus te bly, van skei en trou en kinders kry, en buite eglike kinders, tot spoke opjaag net vir aandag.

Maria ·

Baie geluk julle 2tjies.. Baie respek vir jou gekry dat jy nie ‘n media vraat of geld vraat is nie as dit by jou persoonlike lewe kom

Alida ·

Robbie het nie nodig om Huisgenoot te gebruik vir sensasie nie. Hy is geliefd by almal.

Dina ·

Jou ou skelm! Baie geluk mag julle baie gelukkige jare saam beleef.

Pensioenaris ·

So n mooi meisie, dat sy nou met Bobjan gaan staan en trou het. Hoop Bobjan word nou net Jan. Ha-ha Baie geluk!!!!!

Jim ·

Hierdie leeu het rondom die Huisgenoot-kamp geloop! Knap gedaan Bobjan, net vreugde vir julle twee.

Baie Geluk ·

Baie Geluk Robbie en Lenice! Dit is verfrissend om te lees ‘n bekende blaker nie elke detail van hulle lewe aan die media uit nie. Julle lyk na ‘n pragtige paartjie.

Louis ·

Baie geluk Robbie en Lenice ,geniet die leeuloop pad vorentoe.

ELIZE ·

ja wonderlik nie soos Karlien van Jaarsveld en haar ma wat met alles media toe hardloop toe nie. Ek kry skoon skaam dat my van ook van Jaarsveld is.

Mart-Marie ·

Ai Robbie… Niemand verdien die geluk meer as jy nie… Geluk aan jou en vroulief… Pa Johan sou in die wolke wees…

Hennie ·

Happy en baie geluk julle twee en lekker leeuloop vir die toekoms. `n Mooi paartjie en hoop julle kan saam sing na die `lopie`.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.