
Robbie Wessels en Lenice Labuschagne. (Foto: Facebook)
Die gewilde Afrikaanse sanger en grapjas Robbie Wessels is byna sewe maande gelede in die geheim met sy jarelange vriendin, Lenice Labuschagne, getroud.
Wessels het dié geheim tydens ʼn onderhoud met Rian van Heerden op die Scenic Drive-program op JacarandaFM verklap nadat Van Heerden gevra het of vanjaar die jaar sal wees waarin Wessels die jawoord sal vra.
Wessels het vertel dat hy en Labuschagne in Julie verlede jaar in die KwaZulu‑Natalse Middelande getroud is.
“Ek het gewag vir die regte oomblik om die aap uit die mou te laat, want ek het gesê ek gaan wag omdat ek dit onder die radar gedoen het, maar toe jy nou vir my vra, het ek gevoel ek moet sê,” het Wessels gesê.
“ʼn Man kan nie altyd sê jy is nié getroud as jy wel getroud is nie,” het hy bygevoeg en gesê hy wou graag sy troudag met Labuschagne, wat van Rysmierbult in die Noordwes afkomstig is, privaat hou.
“Laat iemand nou nie daar met ʼn lang lens van vier km af sit en ʼn close up neem nie,” het hy geskerts.
Wessels se jongste album, ʼn Mond vol Stories, is onlangs uitgereik.

‘n Foto wat Lenice van haar en Robbie op Facebook geplaas het. (Foto: Facebook)
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
18 Kommentare
baie geluk
Baie geluk Robbie en Lenice- en dis ‘n goeie storie op ‘n dag soos vandag. Baie geluk – God moet julle ryklik seen.
baie geluk..wens julle gesonde jare met vele vrede en vreugdes
Hi nee Robbie…. 7 maande gelede?? en hoor nou eers, hoekom so lank geheim gehou?? Baie geluk… hoop jy het vir haar die Leeu loop gedoen”” mag jul n baie gelukkige lewe saam geniet….
Puik Robbie. Jy gebruik nie jou huwelik on geld te maak nie. Baie ander bekendes kan maar lesse kom neem!!!!