Rod die ridder

Prins William slaan Sir Rod Stewart tot ridder (Foto: Twitter)

Prins William slaan Sir Rod Stewart tot ridder (Foto: Twitter)

Die multi-bekroonde Britse sanger Rod Stewart is Dinsdag in Buckingham-paleis in Londen deur prins William tot ridder geslaan.

Stewart, wat volgens Billboard een van die wêreld se topverkoper-kunstenaars is, is vereer vir sy bydrae tot musiek en liefdadigheid.

Hy het onder meer 16 keer enkelsnitte op die top-tien in die VSA, en 31 keer in Brittanje gehad.

Die 71-jarige sanger het in sy loopbaan van langer as ses dekades meer as 100 miljoen albums verkoop.

Hy is in 2007 met Penny Lancaster getroud en is pa van agt, waarvan twee kinders uit dié huwelik gebore is.

“Ek het ʼn roemryke en wonderlike loopbaan gehad te danke aan die ruim ondersteuning van die Britse publiek én mense wêreldwyd. Dié eer is die kersie op die koek, en ek kan nie vir enigiets meer vra nie,” het sir Rod aan die BBC gesê.

Op die lys van vereerdes is onder andere die Britse ruimtevaarder maj. Tim Peake en Downton Abbey-aktrise Penelope Wilton wat voortaan bekend staan as dame Penelope.

Bron: BBC

Sir Rod Stewart en sy vrou, Penny Lancaster, en kinders, Alistair en Aiden (Foto: Twitter)

Sir Rod Stewart en sy vrou, Penny Lancaster, en kinders, Alistair en Aiden (Foto: Twitter)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

f.j ·

Ridder van wat,of ridder met wat?die engelse bly maar ‘n vreemde klomp met hul rituele.

Carolina ·

Waarom is Rod deur die prins as ridder geslaan???? Noem n mens dit nie hy is deur die prins as ridder beslaan nie? Ek wonder maar net.

Arsène Lupin ·

Baie geluk our sir Roddy Baby – jy wordnie verniet die “tarton terror” genoem met jou tarton broek nie! Jou vertonings in die 80’s by Sun City was ‘n hoogte punt in my lewe gewees!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.