“Ek het altyd gedink ek weet wat belangrik in die lewe is, totdat hy hier aangekom het. Hy herinner my dat liefde en gehaltetyd saam met geliefdes al die lewe se probleme na niks laat lyk nie,” het sy by die skattige foto geskryf. Strauss en haar man het vroeër die maand hul een jaar huweliksherdenking gevier.
Strauss het einde verlede maand ook ʼn foto van die kleinman op sosiale media gedeel en gesê sy staan al haar tyd aan hom en haar studie af. “Ek raak elke dag net meer verlief op jou,” het sy geskryf.
Strauss het nooit bekend gemaak presies wanneer hul bulletjie gebore is nie. Hy het wel vroeg in Januarie sy opwagting gemaak en het 4,18 kg by geboorte geweeg.
Rolene is tans ʼn finalejaar mediese student aan die Universiteit van die Vrystaat nadat sy haar studie vir twee jaar moes onderbreek om op haar verantwoordelikhede as Mej. Suid-Afrika en Mej. Wêreld te fokus. Rolene en D’Niel het in Julie 2015 verloof geraak en is op 6 Februarie 2016 in die Laurent-bruilofslokaal op die Lourensford-wynlandgoed in Somerset-Wes getroud.
- Strauss het die foto einde verlede maand gedeel.
- Die foto is kort na die seuntjie se geboorte gedeel.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
9 Kommentare
Roelien, dit is wonderlik om ‘n mamma te wees! As ‘n ma van 6 en ouma van 10, wil ek jou aanmoedig om in lyn te bly met jou diepste gevoelens van ma-wees; bly voltyds by jou babatjie, eerder as om te streef na wat die wereld vir ons as vrouens voorhou as ‘n “hoeer roeping”. Die hoogste roeping, as ‘n Christen vrou, is om jou man by te staan en jou kinders groot te maak met oorgawe, en hulle nie af te gee aan andere om groot te maak nie. Titus 2:5. Geniet jou mamma-wees! Jy is ‘n rolmodel… Lees meer »
regtig n mens is al so moeg dat sy mej sa, en mej wereld was en dat sy medies swot
die huisgenoot het bladsye vol gehad
daar is baie vroue wat swot en kinders het , no big deal,
sy het nog drie jaar om te gaan voordat sy n dr is
Kyk sy is absoluut pragtig en die kindjie is ‘n VOORREG en ek glo die ou dingetjie is pragtig, en dankie dat julle dit met ons deel maar ek is so KEELVOL daarvoor dat ons altyd net gepaai word met ‘n hand of ‘n vinger of ‘n AGTERKOP of oor of ‘n babygrow van’n baba. Waarskynlik seker verkoop aan ‘n ander tydskrif wat meer betaal? Ons is nie idiote nie, en as julle die babafotos met ons wil deel, HE DAN OOK GENOEG respek vir ons om die hele baba te wys of BLY UIT DIE MEDIA uit. Ek is… Lees meer »
Sy is beeldskoon met haar baba. Hou tog op om vieslik te wees. Punt is sy is van SA en was Me Wereld !!!!!
Kan nie haar baba wees nie want lyk glad nie soos sy nie LOL. Werklik, hoe sal ons tog weet hoe lyk die baba sonder n gesig fototjie.