Rolene Strauss deel groot nuus

Rolene Strauss. (Foto: Instagram)

Rolene Strauss (27) het Woensdag op haar YouTube-kanaal met haar aanhangers die nuus gedeel – die voormalige Mej. Wêreld en haar man, D’Niel, verwag hul tweede spruit.

Strauss is drie maande swanger. Sy vertel in die video sy en D’Niel het einde verlede jaar besluit hulle is gereed vir nog ʼn kleinding in die huis. Die egpaar het reeds ʼn twee en ʼn half jaar oue seuntjie.

Hulle plan was om vanjaar te begin “probeer”, maar nadat Strauss verneem het dat sy op die voorblad van Women’s Health se Augustus-uitgawe moet verskyn, het hulle besluit om eers te wag tot ná die fotosessie. Strauss moes vir die fotosessie ʼn spesifiek detoks-dieet volg en hard oefen.

ʼn Week nadat die fotosessie in Mei plaasgevind het, was die egpaar gereed vir ʼn baba. “Drie dae nadat ons begin probeer het, het my seun een oggend na my toe gehardloop en gesê: ‘Mamma, mamma! Daar is ʼn baba in jou maag.’ Ek het letterlik nie geweet wat om te doen nie,” sê sy.

“Ek wou nie te hoopvol wees nie, want my seun was nie beplan nie. Hy was ʼn wittebrood-baba. So, ons wou nie te hoopvol wees nie, en ons wou onsself tyd hiervoor gee.”

Rolene en D’Niel Strauss saam met hul seuntjie. (Foto: Instagram)

Kort daarna het sy egter baie goor begin voel, vertel Strauss. Sy het gesukkel met verkoue wat nie wou opklaar nie, het geen energie gehad om in die oggende op te staan nie en was gereeld naar. ʼn Tuisswangerskaptoets het haar vermoedens bevestig – sy is swanger.

“Ons is so bly. Alles gaan goed tot dusver, ons trek nou by 12 weke en is verby die hoërisiko-tydperk. Ek gaan Dinsdag weer vir ʼn skandering om te kyk na die risiko van Down se sindroom. So, alles gaan baie goed. Ons is so gelukkig en so bevoorreg dat ons so vinnig weer kon swanger raak,” sê sy.

Strauss en haar gesin woon op die luukse Val de Vie-landgoed in die Paarl waar sy en haar skoonsuster die RevitaHealth-gesondheidspraktyk bedryf saam met haar skoonsuster, dr. Ledivia Strauss. D’Niel is ʼn sakeman, belegger en medestigter van Stocks & Strauss.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Potjie ·

En….? Moet ons wat haar nie eers ken nie skree YEAAAH… OOOO so terlooos, Pieter en Gerda het n tweeling gehad. Dit gaan goed met mamma en babbas. Dit is nou nuus wat die koerant moet bereik en almal moet oeh en aah oor dit. Wat van n berig oor die boemelaar wat die motoriste vloek ek skel by die verkeerslig by SunOne in Alberton se verkeerslig. Tsssk!!

Anoniem ·

Hoekom jou tydmors om dit te lees en nog kommentaar te gee. Ook maar lekker nuuskierig

anoniem ·

omw , mens kry darm belaglike onselfsugtige mense, kom by potjie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.