Rolene Strauss se baba gebore

Die foto wat Rolene op Instagram geplaas het

Voormalige Mej. Wêreld Rolene Strauss (27) se tweede seuntjie is Maandagaand gebore, het dié donkerkop skoonheid op Instagram laat hoor.

Rolene en haar man, D’Niel, het reeds ʼn driejarige seuntjie. Hul nuwe baba het sy opwagting gemaak slegs ʼn paar dae ná die egpaar se vierde huweliksherdenking.

Rolene het vroeër aan Maroela Media gesê dat sy en haar man in Mei verlede jaar besluit het dat hulle gaan probeer vir nog ʼn baba.

“Drie dae nadat ons begin probeer het, het my seun een oggend na my toe gehardloop en gesê: ‘Mamma, mamma! Daar is ʼn baba in jou maag.’ Ek het letterlik nie geweet wat om te doen nie,” sê sy.

Rolene het later bevestig dat sy swanger is en ’n gesonde swangerskap het. Woensdagaand het sy die nuus op Instagram gedeel dat haar seuntjie gebore is.

Rolene saam met haar man, D’Niel en hul seuntjie ((Foto: Instagram via @rolenestrauss)

“Welkom klein liefde. Ons is so dankbaar om jou in ons familie van vier in te verwelkom. Jou ouboet is gereed om jou hand vas te hou deur die reis van die lewe,” het sy geskryf by ʼn foto van die nuweling wie se handjie om haar oudste se vinger gevou is.

Rolene se baba is op 10 Februarie om 23:46 gebore en hy het 4,4 kg by geboorte geweeg.

“Ons is ongelooflik geseënd om albei gesond en gelukkig te wees en ons geniet eindelose cuddles,” het sy geskryf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

VannieBaai ·

Pragtige gesin. Baie geluk met jul nuwe pienkvoet. Mag julle eindelose geluk ervaar.

VanAfrika ·

Baie geluk, regte klein kneweltjie. Nou soek ons foto’s.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.