Rugbyheld en vrou verwelkom tweede baba

bryan habana2

Janine en Bryan Habana woon einde Februarie die Laureus-sporttoekennings by. (Foto: Bryan Habana/Instagram)

Die Suid-Afrikaanse rugbyheld, Bryan Habana, en sy vrou, Janine, het Woensdag ʼn tweede pienkvoet in hul gesin verwelkom.

Habana het ʼn foto van sy bors met ʼn klein babahandjie wat daarop lê op Instagram gedeel. “Vandag was ʼn goeie dag,” het hy gekoer. “My hart is vol en ek staan al weer in verwondering.”

Die geslag van die jongste Habana-toevoeging is onbekend.

Die egpaar, wat deesdae in Frankryk woon waar Habana klubrugby speel, het ook ʼn driejarige seuntjie, Timothy. Te oordeel na Habana se Instagram-profiel geniet hy vaderskap terdeë. Hy deel gereeld skattige foto’s van klein Timothy.

Habana en Janine is in 2009 getroud.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Ouma Bessie ·

Geluk julle! mag jul nuwe pienkvoet julle slegs liefde en sonskyn bring!

belmarie ·

Die pinkvoet lyk vir my na n dogtertjie(kyk na die hospitaalbandjie) seuntjie sou sekerlik n blou /wit bandjie gekry het..

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.