Die Suid-Afrikaanse rugbyheld, Bryan Habana, en sy vrou, Janine, het Woensdag ʼn tweede pienkvoet in hul gesin verwelkom.
Habana het ʼn foto van sy bors met ʼn klein babahandjie wat daarop lê op Instagram gedeel. “Vandag was ʼn goeie dag,” het hy gekoer. “My hart is vol en ek staan al weer in verwondering.”
Die geslag van die jongste Habana-toevoeging is onbekend.
Die egpaar, wat deesdae in Frankryk woon waar Habana klubrugby speel, het ook ʼn driejarige seuntjie, Timothy. Te oordeel na Habana se Instagram-profiel geniet hy vaderskap terdeë. Hy deel gereeld skattige foto’s van klein Timothy.
Habana en Janine is in 2009 getroud.
Geluk julle! mag jul nuwe pienkvoet julle slegs liefde en sonskyn bring!
Die pinkvoet lyk vir my na n dogtertjie(kyk na die hospitaalbandjie) seuntjie sou sekerlik n blou /wit bandjie gekry het..