Die Afrikaanse aktrise Angelique Gerber en haar man, die rugbyspeler Jacques Potgieter, het Woensdag hul eersteling, ʼn seuntjie, in die wêreld verwelkom.
Jacques het die nuus op Instagram bevestig. “Beste oomblik van my lewe! Baie dankie liewe Jesus vir n perfekte seuntjie! My vrou jy was so amazing en so sterk. Ek is so trots op jou. Ek het vandag baie respek vir ‘n vrou en wat julle moet deurgaan gekry. Welkom my seun.”
Klein Jacques het 3,1kg by geboorte geweeg en is 52,5cm lank. Angelique het die lewe aan klein Jacques, wat na sy pa vernoem is, in ʼn hospitaal in Japan geskenk. Sy het in September by Jacques aangesluit waar hy tydelik vir die Munkata Sanix Blues klubrugby speel.
Die glanspaar het in Julie vanjaar hul swangerskap aangekondig nadat hulle op 11 Junie die knoop op die Eureka-wynlandgoed net buite Durbanville in die Wes-Kaap deurgehak het. Hulle is al sedert Augustus 2014 in ʼn verhouding.
Die gewilde 7de Laan en Dis koue kos, skat-aktrise het vroeër op sosiale media gesê haar ma, Lynette Stemmet, is haar grootste inspirasie om die beste moontlike ouer te wees.
Angelique het ook gesê sy gaan veral haar bababoepie mis. “Ek kan nie glo ek sê dit nie, maar ek gaan regtig my magie mis! Dankie liefie vir jou ongelooflike ondersteuning deur my hele swangerskap. Jy was ongelooflik,” het sy geskryf.
Jacques het ook op sosiale media gekoer. “Ek kon nie vir ʼn beter vrou gevra het en ʼn ma vir my seun nie,” het hy vroeër op Instagram gesê.
Baie geluk!!!!
Baie geluk oulike foto van ma pa en baba!!!!
Baie geluk julle! Hoop ons sien gou weer fotos.
Baie geluk Clara – Ja !
Baie geluk julle tweetjies !!!!!!!! Geniet julle bondelkie liefde . Dis so mooi om te sien die respek en liefde van julle alby se kant af vir mekaar .
Julle is n stunning paartjie . Baie seen en liefde vir julle al drie.
Baie geluk julle! Hoop hy gaan so n goeie Blou Bul rugbyspeler wees soos sy pappa?
Baie geluk julle. Weet julle gaan stunning ouers wees vir hom en hy vir julle vreugde wees. Pragtig.
Baie baie baie geluk met julle gesken van Bo af.