SA aktrise verwelkom derde kind

Nicola Breytenbach, en haar man Ben Steiner (Foto: Instagram)

Die model en aktrise Nicola Breytenbach het gister die nuus gedeel dat sy geboorte gegee het aan haar en haar man, Ben Steiner, se derde kind.

Breytenbach het in Julie verlede jaar ʼn foto op Instagram gedeel waarmee sy aangekondig het dat sy swanger is met haar derde kind. Sy het ook in Oktober bekendgemaak dat die derde byvoeging van die gesin ʼn seuntjie sal wees.

Sy het reeds twee dogtertjies, Evangeline en Enya.

Breytenbach, het gister ʼn foto van al vyf gesinslede se hande gedeel en het oor hul blydskap oor die nuweling se koms geskryf.

“Welkom in die wêreld, ons klein mannetjie. Ons het vir jou gewag! Woorde kan nie beskryf hoe baie ons jou reeds liefhet nie. Jy het ons gesin kom volmaak.”

Breytenbach, wat tot op 13 in Durban gewoon het, woon deesdae in New York en het in flieks soos Free State, Noem my Skollie en Musiek vir die agtergrond gespeel.

Die babaseuntjie se naam is nie bekend gemaak nie.

Die foto wat Nicola op Instragram gedeel het om haar derde kind se koms aan te kondig (Foto: Instagram)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.