SA-krieketheld word weer pa

AB de Villiers en sy vrou, Danielle, saam met klein AB en John Richard (Foto: Instagram)

Die Suid-Afrikaanse krieketheld en Protea-kaptein AB de Villiers en sy vrou, Danielle, het vir die tweede keer ’n baba ryker geword.

De Villiers het dié nuus Donderdag op sosiale media bekend gemaak.

“Nou is ons vier! Loof die Here vir dié ongelooflike seën in ons lewe,” het hy laat hoor.

Die nuwe toevoeging tot hul familie, ʼn seuntjie wat John Richard heet, en is gesond en hy en sy ma is by die huis.

“My vrou is die wonderlikste vrou en het weereens ongelooflike moed en krag gewys tydens die hele proses.”

Die egpaar se eerste kind, AB (Abraham Benjamin), is in Julie 2015 gebore. De Villiers en sy vrou is in 2013 getroud.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Peeter ·

Fokus nou op jou familie en maak n besluit om uit tree uit internasionale krieket. Mens kan nie kies wanneer en wat jy wil jol nie. Maak jou mind op, en bly daarby

maraai ·

Peeter dis n geskenk van onse Vader daarbo. En ongeag die feit dat hul n bondeltjie liefde ryker geword het meen dit nie hy is n slegte kaptein nie… Fokus jy eerder op jou werk of gesin en los ander se lewe in vrede…

Rve ·

Peeter, en neem aan jy het nie kinders nie, want as jy het sit hulle seker op straat, siende dat jy dink ‘n man moet sy beroep opgee as hy kinders kry. Jy dink seker ‘n vrou se plek is aan die wasbak vasgeketting en swanger ook…..

Frikkie ·

Haai Peeter, onthou daar is 10 ander op die veld wat enige persoon se kapteinskap kan beinvloed. Jy kan alleenlik suksesvol wees as die groep saaam werk. Ek verwys na l2016 Springbok span met ‘n kaptein wat nie werklik gelei het nie. Kyk nou na die 2017 Springbokke, met ‘n goeie kaptein en die ander 14 op die veld wat sy tiepe van spel navolg. Spreek nogal boek dele nie waar nie

maraai ·

Baie Geluk julle twee geniet elke oomblik van die kosbaarste oomblikke….

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.