SA rugbyheld word weer pa

Springbokkaptein, Warren Whiteley, en sy vrou, Felicity (Foto: Facebook)

Die nuwe Springbokkaptein, Warren Whiteley, en sy vrou, Felicity, het Maandagoggend ʼn babaseuntjie ryker geword.

Die Goue Leeus-rugbyunie het ʼn skattige foto van klein Samuel en Felicity op hul Facebook-blad gedeel.

Die egpaar se eersteling, Ava Grace, is op 4 Januarie 2015 gebore.

“Baie geluk van die Goue Leeus-rugbyunie,” het Whiteley se unie op Facebook laat hoor. “Ons hoop hy is ʼn seën vir julle.”

Whiteley is einde verlede maand deur die Springbokafrigter, Allister Coetzee, as die nuwe kaptein aangekondig.

Die Springbokkaptein het aan IOL vertel dit is ʼn groot eer om as leier van die groep aangewys te word.

“Ek het eerlikwaar nie gedink dit is moontlik nie. Ek is net so dankbaar en baie opgewonde,” het hy gesê.

Die egpaar is in Desember 2013 getroud.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Danie ·

Ok van die opskrif af, moet mens nie eers n heldedaad doen , voor daar na iemand verwys word as n held nie. Of verstaan ek die terme verkeerd. En niks verwys na warren toe nie hy is n great speler en het niks met my vraag te doen nie

Leeutjie ·

Danie as groot Leeu ondersteuner is Warren my held en ook al die spelers in die Leeuspan! Hulle speel om te wen en dit is ‘n plesier om na hulle te kyk!!! Johan Ackerman is ook my held aangesien hy die regte keuses gemaak het en hulle gebring het tot waar hulle is! Geluk Warren Whiteley dat jy ook my held in die Springbokspan gaan wees!!!

Lieon ·

Maar jy sien Leeutjie, jy sê dit reg “ook my held in die Springbokspan GAAN wees” nie reeds nie, hy GAAN, hy is nog nie.

PJN ·

Warren is ‘n held soos die Leeus nou speel en hy lei hulle in elke wedstryd soos ‘n held en hy is niks minder as een nie. Wat wil die lesers hê moet die grense van ‘n held wees?

Baie geluk met die klein seuntjie. Mag hy baie vreugde aan julle verskaf.

Leeutjie ·

Kom ons hou maar duimvas Gideon! Dit gaan tyd vat maar die wiel kan draai!!!

Andile ·

Hierdie is n kritieke saak. Onthou ons het ons bestaansreg verruil vir rugby wigte en krieket teenwigte. Lank leef die wig.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.